| CARVIEW |
“Ek weeg 141.5 kg en het alles al gebruik en probeer doen om gewig te verloor. Internis het gesê dat ek aan obesitie ly. Ek sal graag meer wil weet oor die operasies wat hulle doen om mense soos ek te help. Dieet en oefening is nie eers n opsie nie. As julle my kan help sal ek ewig dankbaar wees.”
Ek kan nie meer beklemtoon dat hierdie blog gaan oor gesond leef, gesond eet en n gesonde geestestoestand nie. Ek lei ook aan obesity of vetsugtigheid. As jou BMI groter is as 40 word jy as ‘n klas 3 Obese persoon geklassifiseer, dis erg vetsugtig. Die toestand plaas jou in die hoogste vlak van risiko om ernstige chroniese siekte toestande op te doen soos hart siektes, diabetes ens.
Vetsugtigheid is ‘n siekte toestand en moet medies behandel word. As jy alreeds ‘n Internis besoek het sal ek neem aan dat die alreeds vir jou behandeling voorgeskryf het.
Operasies om gewig te verloor is ver buite die bedoeling van die blog en ek glo GROOT risikos en moontlike komplikasies gaan daarmee saam. (Laas Sondag was daar ‘n insetsel op Carte Blanche ) ‘n Mediese spesialis soos jou internis behoort jou hiermee raad te gee. Ek glo dat operasies slegs gedoen sal word indien jou lewe in oombliklike gevaar is weens jou obesiteit of dat jy drastiese gewig moet verloor sodat ‘n ander lewensnoodsaaklike operasie gedoen kan word.
Die ander baie belangrike aspek wat jy sal moet aan dink is die volgende; Daar bestaan ‘n Obese persoonlikheid , daar is ‘n besliste sielkundige aspek wat waarskynlik aanleiding gee tot jou oorgewig en dan verder weens jou oorgewig net vererger.
Ek was ‘n kompulsiewe eter, ‘n emosionele eter. Ek het geeet as ek gefrustreerd was , ongelukkig, verveeld, en dan selfs as as gelukkig was of as ek iets goed gedoen het het ek dit gevier met eet. Baie persoonlikheids probleme gaan hiermee saam, swak selfbeeld as voorbeeld. So indien jy nie die sielkundige probleem aanspreek nie gaan geen operasie jou help nie.
Ons is nie ongelukkig omdat ons vet is nie, Ons is vet omdat ons ongelukkig is.
]]>12 weke 8.4 kg gone deur die 130 gebreek. Ek het lank by die 131 -132 Kg vasgehak. Die dieetkundige se eetplan het na die eerste verfyning baie goed begin werk. Ek het Familie gehad wat die week by my gekuier het en tenspyte van pub lunches, ‘n bier of twee en dat my roetine verbreek was wys die skaal die resultaat. Al spring ek op en af op die skaal hy gaan nooit weer 137 wys nie!!! My afspraak met die dieetkundige is Vrydag, kan nie wag nie.
]]>My dieetkundige beveel ‘n Lae Vet Lae GI dieet aan.

Hierdie is ‘n goeie skakel na die GI Foundation of SA.
Die aller gewilde Eet vir volgehoue enegie resepte. Bestel by die GI Foundation of kry dit by jou boekwinkel. Daar le stapels van die boeke in my naaste exclusive books:


Dan het ek hierdie lekker fiksheid tydskrif raak geloop.

Dis gemik
op die Dames en propvol goeie fiksheids dinge en oefen programme.
Natuurlik baie fietse lyfies vir die manne se dwalende oe so koop hom maar as ‘n ” geskenkie” vir vroulief , Menere.
Die MEN’S HEALTH magazine het my effens begin irriteer met hul soms banale artikels soos hierdie maand weer “How to make your place girlfriend friendly” huh?
My gunsteling produk Parmalat se Fabulite drinking yoghurt die laagste Kj van enige Yoghurt wat al tee gekom het. Ander vetvrye yoghurt het soms dubbel die kilojoules. Die GI foundation ondersteun ook die produk. 
Op die oomblik is my gunsteling Xbox 360 speletjie; “Mirror’s edge” Iets heeltemal anders. Geweld word ontmoedig in die speletjie. Faith die hoof karakter is ‘n ratse meisietjie wat van gebou tot gebou spring, langs mure op hardloop en teen geute op klouter so rats en so vinnig as wat sy kan. Die visuele is so fantasties en werklik in pragtige skerp skakerings van wit en rooi en blou. Nie ‘n speletjie wat jou trigger happy tiener noodwendig van sal hou nie. Beter as rugby kyk op ‘n Saterdag of drie biere in die pub. Beslis!

Ten minste een keer per week was dit ‘n Steers Combo burger ( R38 elk x112 weke = R 4 256)
Twee keer per week ‘n pastei (R12.50 x2 x 112 weke = R2 800)
en eenkeer per week ‘n toasted sandwich (R15 x112 weke =R1 680)
Vrydae was pizza aande ‘n large debonairs met ekstra toppings (R70 x112 = R7 840)
Elke dag het ek ‘n blikkie coke/fanta 330ml gedrink (730dae xR6.5 per blikkie = R4 745)
2 Liters Coke of ander 2x per week = (R12 per 2 liter x2 x112 =R2688)
Elke dag het ek ten minste twee pakkies Simba chips geeet 2×730 =1460 pakkies 30g =43 kg chips elk bevat 16g vet =23 kg vet R3.5 x2 x730 =R5 110
Elke dag is een BAR ONE of Snicker geeet teen 50 g =36 kg bar ones @R6.5=R4745
Totaal wat ek in twee jaar behoort te spaar nevermind vermors het die afgelope paar jaar;
R33 864 Skokkend!!! Hoeveel gemors eet jy?
Kyk hierna
4 koppies koffie ‘n dag met twee suikers en twee tee lepels suiker oor jou ontbyt graankos.
=10 teelepels suiker per dag x 7.5 ml (ek skat dis die volume van ‘n opgehoopte teelepel as die volume van ‘n gelyke tee lepel 5 ml is.) 75ml x 730 =54 liter suiker in twee jaar.!!!!
]]>
In ‘n onlangse Huisgenoot is ‘n artikel oor Emma van Sewende laan. Sy vertel hoe sy 20 Kg in slegs 3 maande verloor het met die Dr Cohen dieet. Volgens haar hoef sy dit glad nie in ‘n gym uit te geswoeg het nie en kon sy haar gewone kos eet (nie slaaiblare en sop nie) Sy lyk regtig fiets en vrolik en is duidelik self die bewys van die dieet se resultate. Lees hier ‘n resensie oor die dr cohen dieet.
Al wat ek wil se is dat 20 Kg in 3 maande net ongelooflik baie is. Dit is 1.6 kg elke week. (aanbevole verlies is tussen 500g en 800g per week) Dit moet ‘n hongerly dieet wees wat na my mening nie net vet metaboliseer nie. Die gevolge kan wees dat as jy ophou, jy net nog meer gewig gaan aansit. Dit is ‘n bekende patroon by mense wat met kits dieete sulke vinnige gewigs verlies toon.
Die verslankings bedryf is ‘n multi multi miljoen dollar besigheid. Daar is ‘n legio dieete, produkte, oefen apparate, sisteme, gewigverloor klubs ens. Die meeste van die goed het fyn skrif wat maan dat dit slegs werk tensy dit tesame met ‘n gebalanseerde dieet geneem word en ander is bloot foefies en ‘n pseudo wetenskap verneukery. Iets soos die Atkins dieet is eenvoudig net medies gevaarlik vir jou op die lang termyn.
Jy moet die keuse maak. Wat werk vir jou? Gaan jy eerlik wees met jouself? Gaan jy weereens vir die soveelste keur ‘n kits oplossing soek? ‘n “Celeb” dieet probeer? Geld vermors. Gewig verloor en later net weer meer aansit?
Baie mense met opregte bedoelings beveel gedurig allerhande dieete of programme vir my aan met stories oor ongelooflike resultate. Ek is baie skepties wanneer dit by enige gewigs verlies goed kom wat aan mens probeer verkoop word. Ek vertrou op my gesonde verstand en berus op baie baie leeswerk sover oor gesonde leef en eet beginsels. Baie goed is eenvoudig nonsens. Kyk byvoorbeeld die advertensies vir “slim coffee” Jy drink die koffie en dit maak jou maer! ag nee wat. Die ergste is die foefies maak miljoene uit mense wat maklike oplossings soek.
Ek glo alle van die meer “aanvaarbare dieet metodes” het ook hul kritici en nadele. Daar is baie waarmee ek in beginsel geen probleem mee het nie en wat eintlik selfs goed en aan te beveel is. Ek dink aan iets soos Weigh less bv. Ek weet egter Weigh less en Sure slim werk nie vir my nie. Ek kan eenvoudig nie al my kos heeldag en aldag weeg en of punte tel nie. Ek het persoonlik ‘n geloofwaardigheids probleem teen oor die groepsleiers van die klubs. Ek verkies my opgeleide spesialis span dokter, dietkundige, Gym instrukteur en Sielkundige. ‘n Maer poppie ,omdat sy maer is weet nie noodwendig hoe om ‘n ernstige siekte soos “obesity” te hanteer nie. Nog minder wil ek weekliks in groepies bymekaar kom vir inweeg nie.
Dr Phil se bekende sê ding is “Does it work for you?” As jy slegs ‘n paar kilos voor die groot aand wil verloor om in jou swart nommertjie in te pas, jy het nie sielkundige eetprobleme nie en is redelik aktief. Dan kan enige van die kits soort dieete wat jy nie vir lank hoef vol te hou nie werk en net die ding wees vir jou!
Hier is my raad:
Lees die bladsy op my blog oor hoe om gewig te verloor.
Wees baie eerlik met jouself. Hoekom is jy oorgewig. Doen ‘n diep eerlike self ondersoek.
Die antwoord kan baie eenvoudig wees. Dalk is dit omdat jy heeltemal onaktief is. Wel jy weet wat jy dan moet doen né? Dalk het jy net nie op gehou eet na jou liefdes terleurstelling nie. Wel, troos jy jouself met Kos? Laat dit jou beter voel? 10 teen een voel jy nou nog misliker omdat jy nou nog boonop gewig aansit. Wys daai eelt van ‘n vent wie jy is en hou op treur en eet en raak aktief en fiets.
Hoe erg oorgewig is jy? Ek glo enige ernstige oorgewig kan nie net een dimensioneel aangepak word nie. Ek glo jy sal ‘n totale aanslag moet loods, eers medies met jou doktor, dan sal jy die EET, OEFEN en GEES deel van jou hele leefstyl moet ondersoek en aanpassings maak.
Hoe ek dit doen werk vir MY onder MY omstandighede. Die oplossing het nie in ‘n OOGWINK by my opgekom nie. Ek het nie sommer op ‘n dag iets gelees en WOEM daar is dit nie. Baie lank het ek tref en trap alles probeer. Gesukkel en moed verloor. In my geval nooit eens regtig begin nie voor dat ek opgegee het.
Ek is persoonlik OORTUIG van my aksie plan, ek is GEMOTIVEERD, ek GLO dit is die oplossing, dit werk alreeds. Ek voel al klaar soos ‘n NUWE mens. DIT WERK VIR MY!
My manier van doen en die lang doelwit (2 JAAR) wat ek stel is dalk nie vir jou nie.
Vind wat werk vir jou! EK daag jou uit om na jou self te luister!
8 weke Totaal verloor 5.7 Kg
Ek voel uitstekend Dankie vir my ondersteunings span en die bloggers en mense wat ek met die blog sover ontmoet het.
Stuur gerus vir my ‘n e mail na williewragtig@gmail.com
Ma, ja Maaaaa ek weet.
Laksmi wat my elke dag bystaan en ondersteun. Die vrou en persoon waarsonder ek nie sal kan lewe nie, ek is so innig lief vir jou my love. Ek doen dit vir jou ook.
Dokter wat gese het Mr Wragtig daar is geen niks medies fout met u nie, jy sal nie ‘n hart aanval kry nie. Jy het my permissie om te oefen so wat jy wil!
Gym instrukteur, Wanda wat geen kak vat nie. kom kom kom nog een!! Erger as my korporaal destyds met diensplig in die weermag.
Dieetkundige wat my dieet dagboek so gekyk het en gese het; Mr Wragtig vir ‘n vet mens eet jy maar min.
Sielkundige vir wie ek nog bietjie skrikkerig is.
Lulu, wie se stert altyd vir sy vet baas waai en al die stappies baie geniet.
]]>Ek glo baie keer is die probleem met dieet juis dit; KOS. Mense gaan op ‘n dieet en oombliklik is alles gefokus op wat hulle mag eet en nie mag eet nie, wat hulle nou moet eet en wat die dieet voorskryf. Dit is porsies afweeg en bestandele koop vir al die snaakse resepte en gesonde konkoksies wat in die program aanbeveel word.
Kortom ‘n totale ontwrigting, nie net vir jouself nie maar die hele huishouding. Die gevolg is ‘n konstante beheptheid met die dieet en KOS. Juis dit wat aanleiding gegee het tot jou oorgewig word nou die fokus punt van jou poging om gewig te verloor. Dit is nie lank nie dan is dit net ‘n spul moeite en word die dieet laat vaar.
Ek het gevind dit is baie makliker vir my om volgens ‘n paar beginsels te werk te gaan. Ook, al was dit effens drasties, eerder my omgewing so te verander dat peusel en gemorskos nie binne my bereik is nie. So sal ek reg eet sonder om te veel te sukkel met fyn detail van meet en weeg en snaakse kosse of resepte.
Hier is ‘n paar dinge wat ek nou al aangeleer het:
- Begin elke dag met ontbyt. Ek eet All bran of oats en klein yoghurt.
- Laksmi pak my kos in werk toe vir die dag, dan weet ek alles is reg vir die volgende 4 klein etes.
- Ek eet gewone kos soos altyd, behalwe klein porsies ,geen tweede skeppies nie, nie Laksmi se halwe bord oorskiet nie of later die aand terug in die kospotte in nie.
- Eet twee vrugte elke dag.
- Die huis is leeg gemaak van alle peusel kos en lekkernye soos koekies, kouevleis ens alles moet gaar gemaak word as jy wil eet. Ek dra geen kontant rond nie, so ek kan nie by die werk gemors koop om in my mond te druk nie.
- Ek vermy baie suiker en vet en olie, ook met die voorbereiding van die kos.
- Ek het nie ‘n uitgewerkte menu nie.
Dit mag drasties klink om jou koskas van alle peusel goed leeg te maak of nie geld (ek los my beursie en alles by die huis) werk toe te neem nie. Maar na so twee weke was my gewoontes gebreek om elke tee tyd middagete of na werk op pad huis toe goed soos chips, droe wors stokkies, Bar one, pies ens. te koop. Ek vind nou dat die provitas weer terug sluip in die koskas, ek nie meer die behoefte het om alles eenslag te verorber nie. Die kaas hou nou dae. Die gewoonte is gebreek.
Ek het geen lus om ooit weer ‘n pakkie Simba chips in my mond te sit nie, of sooibrand te kry van ‘n pie en Coke nie. Ek het sewe weke laas sooibrand gehad!!!!!!
]]>Dit het goed gegaan met die oefening die week. Ek het my afsprake met Wanda gereeld na gekom en drie Gym sessies gedoen. Ook ‘n paar keer met die honde gaan stap. Wanda het my Saterdag oggend bietjie buite die Gym gevat waar sy my ‘n lang stel trappe (18 -22 trapies) na die strand toe op en af laat doen het. Seker so ses sessies en toe nog weer 4 wat sy my tyd geneem het. Ky k as ek vir enige iemand sê hoe fantasties dit voel om ‘n stel trappe uit te hardloop klink dit seker snaaks. 7 weke gelede kon ek skaars een gewone stel trappe uitklim sonder om te blaas en te hyg. By die werk loop ek die trappe ewe flink op.Die totale ure opgelog vir oefening die week is 3 ure en 45 min.
Die etery het baie goed gegaan behalwe die bietjie kroek oor die naweek en dit was darem nie so erg nie. Die groot jammerte was dat ek nie my dieetkundige se tweede afspraak kon maak nie en sy kon my eers weer volgende week in pas. Nietemein kom ek goed reg en sukkel nie met die etery nie. Hier is min of meer my daaglikse dieet.
Laksmi pak vir my ‘n pakkie in werk toe vir ontbyt, middag ete en 10:00 en 15:00. Dis vier etes en dan by die huis eet ek aandete en dalk later iets lig.
My kospakkie bevat gewoonlik;
Ontbyt : 250 ml graankos of oats, twee vrugte, 100ml yoghurt een of twee, 200ml “baked beans”, toebroodjie of pasta met hoender of tuna slaai. Die baked beans klink dalk sleg maar dit het n baie lae GI en hou jou versadig en verskaf energie lank.
Aand ete is gewone kos die verskil is ek probeer so ver moontlik : Olie vermy, maer proteine(sny die vet van daai lekker tjoppies af) vermy romerige en kaas souse suiker en margerien oor groente ens uit., probeer altyd ‘n slaai en groente in werk. Dan is die porsie grotes belangrik. ‘n mens kan ooreet aan gesonde kos ook . Slegs vuis grote porsies stysel en groente skep genoeg in en vermy tweede happies. Proteine beperk tot so 200 gram
Later maak ek dalk n een sny toebroodjie, tuna slaai in ‘n klein bakkie of eet n yoghurt en vrug. Nou in die winter maak laksmi lekker sop sonder enige sop pakkies net groente.
So maklik soos dit. Dit is vir my makliker om binne ‘n paar reels te eet, eerder as een of ander vaste dieet met snaakse goed wat ek nog nooit gemaak het of waarvan die bestandele nie in die kos kas is nie.
Wel dit werk ek het wer 500g die week verloor. Ek is op doelwit teiken.
]]>
]]>