| CARVIEW |
Wanneer om jou broek vuil te maak
2008/05/8 — virvarksteaksMoerse teleurstelling…
2008/05/7 — virvarksteaksRy vanoggend by ‘n koerantplakkaat verby: “Steve ernstig siek” of so iets. Dit kan mos net Steve Stofsuier wees dink ek! Daar is hoop. Die fokker gaan uiteindelik vrek! Maar ongelukkig lyk dit my hy gaan dit maak. Anyway, vir ‘n rukkie was ek gelukkig… Maar nou gaan hy sy gene seker nog verder versprei. Damn, daar’s definitief nie ‘n god nie. Dis hoe dit is.
NUL, ZERO, FOKKOL
2008/04/22 — virvarksteaksWas gisteraand by die Brake en Clutch (miskien ken julle dit as die Steak and Ale) in Centurion. NUL, BuckFever Underground en Trike het gespeel. BuckFever se kitaarspeler speel ‘n normale regterhandse elektriese kitaar links. Wat dit fokken weird maak is dat hy, anders as wyle Jimi Hendrix, nie die snare omruil nie! Dit maak die klank van die band baie psigedelies. Koppel dit met ‘n verteller (Toast Coetzer) wat bisarre gedigte voorlees uit ‘n notaboek i.p.v. ‘n sanger en jy eindig op met ‘n dekonstrukivistiese klank wat effense eggos van The Doors, die Velvet Underground en ander sestigs en sewentigs bands het. Ondergronds, diep ondergronds.
NUL het soos altyd gerock met hulle befokte industriële klank, êrens tussen Dépêche Mode en Rammstein in Afrikaans. Hulle is een van die opwindendste nuwe verskynsels op die Suid-Afrikaanse toneel en gaan nog ‘n lang pad loop.
Trike is a duo wat baie donker lirieke met minimalisties kitaarspel kombineer, nie almal se koppie tee nie maar definitief anders.
Bob & Vern Moergabe
2008/04/17 — virvarksteaksEtikette
Mugabe Musiek NUL olifante Oppikoppi Steve Stofsuier Vernon KoekemoerStatistieke
- 1 812 keer getref
-
Subscribe
Subscribed
Already have a WordPress.com account? Log in now.

