| CARVIEW |
Select Language
HTTP/2 301
server: nginx
date: Mon, 26 Jan 2026 23:19:48 GMT
content-type: application/rss+xml; charset=UTF-8
location: https://sonkind.wordpress.com/comments/feed/
x-hacker: Want root? Visit join.a8c.com/hacker and mention this header.
host-header: WordPress.com
link: ; rel="https://api.w.org/"
vary: accept, content-type, cookie
last-modified: Mon, 26 Jan 2026 23:19:48 GMT
etag: "ced19da61f04b1d6dc5316e19a641475"
x-redirect-by: WordPress
x-ac: 2.bom _dca MISS
alt-svc: h3=":443"; ma=86400
strict-transport-security: max-age=31536000
server-timing: a8c-cdn, dc;desc=bom, cache;desc=MISS;dur=345.0
HTTP/2 200
server: nginx
date: Mon, 26 Jan 2026 23:19:48 GMT
content-type: application/rss+xml; charset=UTF-8
vary: Accept-Encoding
x-hacker: Want root? Visit join.a8c.com/hacker and mention this header.
host-header: WordPress.com
link: ; rel="https://api.w.org/"
vary: accept, content-type, cookie
last-modified: Mon, 26 Jan 2026 23:19:48 GMT
etag: W/"ced19da61f04b1d6dc5316e19a641475"
content-encoding: gzip
x-ac: 3.bom _dca MISS
alt-svc: h3=":443"; ma=86400
strict-transport-security: max-age=31536000
server-timing: a8c-cdn, dc;desc=bom, cache;desc=MISS;dur=365.0
Kommentaar van Sonkind
https://sonkind.wordpress.com
Fri, 07 Nov 2014 17:07:27 +0000
hourly
1
https://wordpress.com/
-
Kommentaar op Kinderdief deur emile david shaw
https://sonkind.wordpress.com/2008/01/15/kinderdief/#comment-6685
Fri, 07 Nov 2014 17:07:27 +0000
https://sonkind.wordpress.com/2008/01/15/kinderdief/#comment-6685
Ek was een van die kinders, ek was op ‘n tyd deur die Kaapse polisie geklasifiseer as ‘n menace to society, hulle het nie geweet wat om met my te doen nie. Ek’t op 11 begin rook, op twalf dagga gerook en toe begin met baie sterker dwelms nadat ek op 14 jarige ouderdom gemolesteer was deur ‘n man wie nou nog op vrye voet rondloop. Ek wou hom skiet , dank die vader ek het nie so ver gekom nie. Ek was toegesluit en gevang met my oupa se pistool. Na dit was ek 3 keer weer toegesluit vir diefstal en dwelms. Dinge het so ver gegaan dat ek toe betrokke geraak het met die groot koppe wie in bedryf was met Ernie Solomons asook die onwettige bedryf van perlemoen. Ek het baie geleer by die mense, ek het nooit self begin perlemoen smokkel nie, ek het ook glad nie geduik nie, maar ek het wel tik opgetel by verskaffers en na handelaars toe geneem. Ek was n drywer, een van die beste. Die polisie het my baie kere probeer vang, maar ek was altyd slimmer as hulle. Ek is glad nie trots op wat ek gedoen het nie, ek is self lankal land uit, omrede dat my lewe in gevaar was nadat ek besef het dat my familie baie goed bevriend was met Helen Zille. Die smokelaars het dit ontdek voordat ek geweet het daarvan en dinge het lelik begin skeef loop. Dit is iets wat ek nooit sal vergeet nie, wat gebeur het. Die vriende en familie wie teen my gedraai het. Die mense wie ek verloor het. Ek het nooit geld gevat vir enige van die dwelms wat ek vervoer het nie, ek wou net hoog word. Ek het vere gevoel vir die geld. Ek is al 9 jaar skoon van dwelms en alkohol, sonder die hulp van my familie of vriende, sonder enige ander medisyne. Ek was op n tyd ‘n tik monster genoem, want ek het soms vir 15 dae aan een wakker gebly sonder kos of water. Ek het 9 jaar gelede die land verlaat met hulp van familie, ek is tans ‘n Engelse onderwyser wie klasgee vir die soldate van Thailand se Minister van verdediging. Ek is baie trots op myself. Ek het groot geword in a baie abusive household. My Ma het 2 keer geskei, sy was al die jare enkel ouer met 3 seuns en boonop dit was en is sy nog steeds ‘n alkohol verslaafde. Sy was nooit by die huis nie, het gereeld uit geslaap. Ek het op ‘n tyd myself so veel gehaat vir wat ek gedoen het aan my eie lewe en al die tieners en vriende wie se goedheid ek gekoerrup het, dat ek eendag ‘n 1.5 liter wellington skoon afgesluk het binne 2 minute na ‘n hele dag se gekuier, en myself toe gehang het met ‘n extension lead in my buite kamer by my Ma se vorige huis in die Strand. Toe die reddings dienste opdaag, het een van my eks vriende my kamer deur klaar afgeskop, hy het vir my eks gese dat dit te laat was, ek was weg. Hy het gesien hoe die urine van my broekspype afdrup. Sy wou dit nie glo nie, hy’t haar gehelp om my af te haal van die kabel af, en my pols gevat, daar was niks. My liggaam was yskoud. Hy het in die huis in gestap en iets einaardigs besef, die mure het begin kraak oral in die huis, vanaf die fondasie tot teen die ceiling . Lang reguit krake. Die reddings dienste het n half uur later opgedaag, hulle het als geprobeer . Teen die uit einde het hulle ‘ n wit laken oor my liggaam gegooi. Ek het gesien hoe hulle dit doen, ek was vir meer as 45 minute dood. Ek was nie gereed om te gaan nie, ek onthou dat ek ‘n keuse gegee was, ek onthou hoe ek gesmeek het vir ‘n tweede kans en dat ek vir God gese het, al kos dit wat, al moet ek deur hel op aarde loop om weer te kan lewe, dan sal ek, ek kon nie die meisie daar alleen los nie, ek was te lief vir haar. Ek onthou dit asof dit gister was, hoe die verpleegsters geskrik het toe hulle geluide uit my mond hoor kom, hoe hul die laken van my koue lyk afgehaal het, hoe hulle gesigte soos wesens van die buitenste ruim gelyk het toe ek weer terug in my liggaam in spring… Hoe die een verpleegster begin huil het en gese het, ” my liewe vader, dis onmoontlik” hoe haar trane op my gesig geval het, hoe my eks my hand gegryp het en hoe my oe ieweskielik weer oopgegaan het en ek was ….nugter. Daar is hoop. Liefde kan mense help. Almal het ‘n sagte plek erens. Ek is tans verloof aan ‘n soldaat en kuier lankal nie meer nie. Ek gee ook klas by die Koning Mongkut se Verpleegsters Kollege in Thailand. Ek wens dat ek kon help in SA , maar tans help ek met wat ookal ek kan van buite af, dis veiliger. As ek in SA sou wees, dan sou ek nooit kon uithelp met die regruk van wetgewing nie, want ek sou al lankal vermoor of vermis gewees het. Dalk is my familie se lewens in gevaar, maar daar is so veel ander families in SA wie ek ook moet help. God se wil sal geskied. Sommige tye moet mens selflose opofferings maak sodat ander ook vry kan wees van korrupsie. Ek lewe nie meer in vrees nie. Ek het God langs my al die pad. Ek loop al vir 9 jaar deur hel, maar ek glo dit sal finaal eindig teen volgende jaar. Ek was ‘n boodskap gegee, toe ek terug gekom het. Die einde is rerig nader as wat ons gedink het.
]]>
-
Kommentaar op 8ste Wonder! deur Annemarie King
https://sonkind.wordpress.com/2008/06/07/8ste-wonder/#comment-6656
Fri, 11 Apr 2014 10:41:41 +0000
https://sonkind.wordpress.com/?p=614#comment-6656
Kan ek asb die rokpatroon kry in Afrikaans – dankie\
]]>
-
Kommentaar op Vrouens en gevaarlike mans deur Lukie
https://sonkind.wordpress.com/2007/07/31/vrouens-en-gevaarlike-mans/#comment-6652
Fri, 21 Mar 2014 12:08:39 +0000
https://sonkind.wordpress.com/2007/07/31/vrouens-en-gevaarlike-mans/#comment-6652
Alles sal verander en beter word. So verwag of altans mense dink so. Ek wonder ook maar net wat regtig die aanvaarbare is. Ek stem saam dat die normale is die beste situasie. MAAR!!!! Daar is miljoene der miljoene gevalle waar mans die skuld moet dra. En by dit alles bly daardie mishandelde vrouens vreeslik lief vir hulle mans/vriende. Ek stry nie. MAAR!!!!! Daar is ook miljoene der miljoene gevalle waar mans die droom man is, hy doen net die regte ding op die regte tyd. Na werk gaan hy reguit huis toe. Hy maak nie eers ‘n dop oppad huistoe nie. Hy geniet sy glasie wyn met ete of tydens ‘n braai by vriende. Hy versuip hom nie aan drank en kots nie sy skoonouers se sitkamerbanke vol nie. Hy is alyd netjies, en trek altyd eers skoon aan as hy winkels toe gaan. Sy asem stink nie. Hy stink nie aldag na sweet nie. Doen die dingetjies om die huis. MAAR!!!!! Hierdie “goeie” mans is dikwels die slagoffers van daardie “killervrouens”. Hierdie vrouens is met niks tevrede nie. Blameer heeltyd haar man. Bespreek haar man met haar vriende en vriendinne. Luister mooi. Hierdie vrou het vriende en vriende. Die man gun haar dit net sodat sy hom by hulle kan beskinder. Dis in my geval die situasie. Op die ou end is ons vervreemd en ek bly en werk nou al op ‘n ander dorp. Ons het 12 jaar laaste liefde gemaak. Ek moet myself op die skouer klop en eerlik, nog geen onwettige verhouding gehad nie. Maar my vrou het kort-kort ‘n ding met ander mans. Ek voel daar is dalk iemand wat vir my loer, maar ek te ordentlik om my vrou te verneuk. My probleem is dat ek nooit kan kwaad word nie. Ek hanteer alles baie diplomaties. Ek het nog nooit my vrou geslaan nie. Die kort en lank is dat ek gereeld moet hoor hoe dinges sleg ek is. En en en en en. Ek wil nie meer met haar praat, of stel dit so ek wil nie meer deelneem aan besprekings nie. Dit is nooit ‘n geskree nie, maar ek word telkemale goed sleggemaak. Ek het baie geheime uit my verlede wat nie nodig is om met iemand te deel nie. Niks wat enige iemand noodwendig tot nadeel sal wees nie. Bv. Daar word so baie gepraat haar broer wat so en so was in die army. Hy het so en so afgetjop en hulle het dit en dit en dit gedoen. So what. Good for him. Ha ha. Almal het al hul bedenkinge of ek ooit in die “army” was. Ek het nooit ooit nodig of sodanig verplig wees om iets met iemand te deel wat ek aangevang het toe ek my 4 jaar kontrak voltooi het nie. Die skouerskuurdery in my huwelik kan dalk moontlik bydra tot my geheisinnige verlede. Volgens my vrou en haar kennise steek ek goed weg vir hulle, en hulle het na al die 30 jaar wat ons getroud is, al so ‘n verskriklike nuuskurigheid opgebou. Ai, foeitog vir hulle. Daar is al honderde poggings aangewend om my verlede te ontblood, maar ek skuld niemand ‘n antwoord nie. Jammer om te hoor haar boetie het so vreeslik swaargekry in die army. Ek het duisend maal swaarder gehad in die army. Ek moet ook ietsie se oor dit. Dit het darem gesorg dat ek so by die 16 wereldlande kon besoek. Wat ‘n fantastiese en wonderlike avontuur. Liefde Groete vir julle almal.
]]>
-
Kommentaar op Tussen Treine, Tussen Stasies deur Netti vd Merwe
https://sonkind.wordpress.com/2008/02/15/tussen-treine-tussen-stasies/#comment-6651
Mon, 10 Mar 2014 16:22:52 +0000
https://sonkind.wordpress.com/?p=430#comment-6651
Kan iemand vir my se of daar DVD’s is van stoomtreine waar hul in aksie is, ek het in sewentige jare met my 2seuns verskeie stoomtrein ritte geneem, ons 2 kleinseuns weet nie wat dit is nie, dis tog so kosbaar. Dankie Netti vd Merwe 079 880 2951
]]>
-
Kommentaar op Man van kleur (Shawn Thompson) deur Shawn Thompson
https://sonkind.wordpress.com/282/man-van-kleur-shawn-thompson/#comment-6631
Fri, 13 Dec 2013 21:11:31 +0000
https://sonkind.wordpress.com/282/man-van-kleur-shawn-thompson/#comment-6631
Dankie Thomas.
Yzerfontein:
As ek tot my sterwe kom
en as my gees bedaar,
gooi my assies in die wind
laat dit hier die see in vaar.
En as jy kom op sterlig aand
en as jy stilltjies wag,
sal jy hoor deur die brander dreun
my siel se skaterlag.
Shawn Thompson (2013)
]]>