Suiwer maak ek die weg oop
Die vlee sit op my kop
Eks verlore op soek na jou
Maar tog konsentreer ek want eks die verlore ou
Ek het my e-mail gelees van jou
En skielik besef ek maar ek voel nog iets vir jou
My oë blooi die onwaarheid weg
En eks so jammer maar jy is my weg
Ek soek na die sterre en kry die see
Ek waai vir die bome maar die seisoene stagneer
Verlore kind met vlerkies op sy rug
Maar eintlik is dit n skoenlapper op soek na die lig
Die donga in die grond
Gegrawe vir my kwaad
Want daars geen rede om weer n stupid fout te maak
Maar eintlik smag ek na die waters van bo
Maar wat ek kry is n glimlag
En ek weet dat Hy kyk na my met Sy oë
Eks ondankbaar vir wat ek als het
Die suiwer lug,son,maan en vriende wat my ondersteun
Maar tog soek ek na my soek vir myself
Tot ek besef dat as ek in myself delf kan ek die antwoord
vind
Want diep binne elke mens bly almal n kind
Die wind kan waai en die tyd kan loop
Maar die kringe en die lewe is groot
En ek stap die paaie en loop my loop
Maar besef my engel dat jy altyd my middelpunt van my denk wyse sal bly
En met foute,kwaad ,smart en verdriet bly jy my harte dief



