Die kameras is uit en dis net Paparazzi styl wat die knoppies gedruk word. Laat my dink aan iemand wat ek ken daar in Abu Dhabi :-)
Tyd vir 'n blaas kans op die sand hoop.
Klein nooi en haar hond....Sy tong hang omtrent amper op die grond. Buddy geniet omtrent altyd die sand en hy kan nie stil sit nie. Was gelukkig om die foto saam te kry van die twee.
Die kleintjies besluit dat hulle bietjie toe gegooi wil word met sand.
Moenie dat die "pose" julle fool nie. Daar is ek so moeg van die duin uitklim!
Crispin besluit hy wil ook probeer. Hy kry dit beter reg as wat ek kon. Klein energie bondeltjie.
Die son sak en dit is tyd om uit te gaan en huiswaarts te keer.
Die ding moet 'n mens meer doen, maar doen ons dit....?
NEE ons doen nie. Ai die menslike natuur....















