| CARVIEW |
oor.dose

in ‘n kokosneut
I afrikaans, therefore I is…
‘n stukkie pittigheid wat ek onlangs op ‘n t-hemp gesien het. of eintlik ‘n foto van ‘n t-hemp. met ‘n butch biker tannie binne-in. dit het my toe nogal laat dink. aan ons ou volkie en hulle sin vir humor. or lack thereof. afrikaners (afrikaanses) was nog nooit oordadig lief daarvoor om vir homself te lag nie. of, as mens bietjie meer historier dink, enigsins lag nie. aldus die briels en gé se hoor my lied et al.
maar ek diegres (anglisismes is deesdae so ‘n in ding, ek maak sommer my eie).
eintlik is die skrywe om bietjie meer te sê oor die blog. jy weet, agtergrond en so. ingeval jy gewonder het. in ‘n neutedop. maar met al die diegressies en strontpraat tussen-in, het dit toe maar ‘n hele kokosneut moes word.
oor.dose. wdf, sê jy? ek spring sommer dadelik op my seepkis en verduidelik vir jou dat sms nie ‘n taal is nie, as jy nie kan woorde uitskryf nie, moenie skryf nie! ek het ‘n klein olifantjie dood aan letters vir woorde en simpel akrononieme wat nie in die hat of woordeboek vir afrikaanse spelreëls voorkom nie. sies man, praat reg!
en dis wat oor.dose in ‘n groot mate is. my opinies. menings. lawaai. in niemand se keelgat afgedruk nie, want jy hoef dit nie te lees nie.
wat my nou skielik aan ‘n storie laat dink wat ek jare terug iewers gelees het. gee maar die paragraaf ‘n mis as jy gatvol gelees is, dis ‘n lang diegressie. maar jy mag dalk spyt wees, dis ‘n mooi storie. dit gaan oor twee ou tannies wat so ‘n blok of twee weg gebly het van ‘n stedelike ekwivalent van die groenpunt swembad waar die gay outjies so onwelvoeglik baljaar. eksklusief. men only. clothing optional. die works. ewentewel. so lê die tannies ‘n klag by die polisie dat hierdie onwelvoeglikheid hulle nie aanstaan nie, hulle kan uit hulle woonstel (op die boonste vloer van die blok) oor die muur sien. die polisie gaan praat met die swembad bestuur, en hulle stem, hierdie plek is nie vir vroue oë bedoel nie. so hulle maak die muur hoër. nie hoeveel later nie, hier bel die tannies weer die polisie. nog ‘n klag. die poliesman aan diens, self ‘n gereelde “swemmer,” verstaan dit toe nie, want daai muur is MOER hoog. so klim hy in sy polieskar – dis in die dae toe hulle nog gewerk het – en ry na die tannies se woonstel toe. hy vra hulle moet hom wys waar hulle dan kan oorsien. die een tannie vat hom toe na haar kamer toe, en wys vir hom dat, as hy die hangkas onder die venster inskuif, bo-op klim en dan net so skraps onder die boonste raam deur loer, kan hy nog alles sien wat adam met ‘n vyeblaar moes toemaak…
daar is ‘n les in. leer dit.
nou, terug by oor.dose. die rede. wel, dit klink baie soos oordosise. waarvan ek soms so baie kry. oordosise swak diens. oordosise misdaad. oordosise politiek. oordosise van ander mense se kak.
maar dan is daar natuurlik die ander betekenis. die double entendre wat eintlik nie veel double daarin het nie.
die woord doos is net so ‘n pragstuk uit die afrikaanse taal. so veeldoelig. en dit verlig meer spanning as ‘n hele pakkie b&h. sonder al die nagevolge. mits die progenitor van die aanmerking jou nie hoor en opdonner nie. so, vir hulle, die dose in my, en ander mense se lewe, is die ook daar. oor dose.
en dan ook die ander weergawe van ‘n doos. soos ‘n boks. iets waaraan ek ook ‘n kleintjie dood het. bokse. nie die karton soort nie. die tipering soort. daar is deesdae soveel verskillende bokse beskikbaar, ek weet nie hoe mense meer sonder verpakking kan oorleef nie.
as jy nie ‘n tipiese waterdraer is nie, is jy ‘n INTJ, of ‘n perskeboom, ‘n paddavis of watter ander analoog een of ander kwasi-sielkundige met te veel tyd op hande ook al kon uitdink. (hier moet ek darem sê, ek dink nie myers-briggs was heeltemal so erg verkeerd met hulle s’n nie…)
maar nog erger, is die mense wat so knus in hulle bokse inpas. o, ek is ‘n INTJ, dis hoe ek reageer. ja, ek is ‘n waterdraer, ons is mos maar so… en as jy ‘n fokken vis was, sou jy onder die water gebly het?!
hier laaik ek weer ‘n steven covey en sy paradigma verskuiwing. julle in die dose, gaan lees bietjie op wat dit beteken. google dit sommer. maar soek vir iets soos “paradigm shift.” anders werk dit dalk nie, en eindig jy net weer by my blog op. wat jou teen die tyd seker klaar nie meer aanstaan nie.
wat betref offensiveness, net ‘n laaste woordjie. of woorde. John Qwelane (ek dink dis hoe mens sy naam spel, hy het ‘n gereelde rubriek op News24) is iemand wat my soms tot diep in my toonnaels toe offend. erg, sê ek jou. ek het al gedink ek wil vir hom ‘n mail stuur om dit vir hom te sê. en vir hom te sê dankie, ek geniet dit. ek lees baie maal sy rubriek bloot omdat dit my offend. want dit laat mens soms dink ook.
so, ek los jou met die gedagte:
you can please some of the people some of the time, but you can offend all the people all the time.
wie het die meeste sukses?
8 Kommentaar
Lewer kommentaar Kanselleer antwoord
Bladsye
Kategorieë
- discworld (1)
- hettieplekkie (22)
- kinderplesier (8)
- knievlak (2)
- plekke (1)
- pure tuine (1)
- rowwe goed (2)
- steve se eie plekkie (2)
Argief
bloggers
Blogroll
Meta
Create a free website or blog at WordPress.com.
Ontwerp: Neat!. Entries (RSS)
and Comments (RSS).
-
Subscribe
Subscribed
Already have a WordPress.com account? Log in now.
Welkom in die blogosfeer. Ek sal gereeld kom inloer.
welkom welkom hier by ons, vir die eerste keer.
(Daars actually so n liedjie, maar dit het nie n wysie nie)
as jy probleme het met sms-taal, hoekom gebruik jy nie behoorlike HoofLetters nie? huh? huh? of is spel-, taal- en skryfreëls net geldig vir solank as wat jy dit gehoorsaam?
between the breasts
of bestial
marj lie large
men who praise
Marj’s cleancornered strokable
body these men’s
fingers toss trunks
shuffle sacks spin kegs they
curl
loving
around
beers
the world has
these men’s hands but their
bodies big and boozing
belong to
marj
the greenslim purse of whose
face opens
on a fatgold
grin
hooray
hoorah for the large
men who lie
between the breasts
of bestial marj
for the strong men
who
sleep between the legs of lil
“…the poet to have signed his name all-lowercase may have been a gesture of humility, but for others to do so would be an act of condescension…”
lees maar my skrywe onder pure tuine om meer oor die saak te hoor…
jierts, welkom in blogwêreld.
🙂