Tot onlangs was mnr.muller ‘n onderwyser in Kaapstad.
Hy het in ‘n knus geel bibliotekie gesit en soms Xhosa-klasse gegee of ‘n vreemde vak, genaamd Navorsingstegnologie. Hy het foto’s geneem, jaarblaaie uitgelê en ‘n volwaardige kunstefees in Kloofstraat gereël. Soms het hy leerders gehelp gediggies skryf.
Tans is mnr.muller weer terug op sy studentedorp waar hy in ‘n administratiewe hoedanigheid voor ‘n rekenaar sit. Hy het begin blog juis om daardie rede.
Dalk blog mnr.muller te veel. Aan die een kant bly hy immers ‘n onderwyser en sal jy Xhosa- en Lewensoriëntering-lesse op hierdie site vind. Aan die ander kant is hy ‘n oud-studenteleier en skryf hy soms oor volhoubare, wetenskaplike, transformasionele leierskap.
Vandat sy vulgêre parodie van Hansie en Grietjie in Die Literator gepubliseer is, voel hy verplig om nou en dan staaltjies of liegstories te skryf wat hy onder woordkuns sorteer.
mnr.muller ry nie fiets nie; hy stap. Doelloos en onrustig.
Maar deesdae droom hy ook oor Wakkerstroom en wonder oor die lewendood.
Ag, soms is hy net aspris.
Welkom by sy blog.
hi mnr, thanks for a very well laid out xhosa course – ive just begun lessons a few weeks ago, and am finding your class most helpful.
regards
melanie
Hey, hierdie blog lyk interessant. Sal die bookmark en so nou-en-dan kom inloer 😀
Interessante blog…
net een vraag…hoekom Wakkerstroom?
@aventer: Ek het ‘n bloginskrywing daaroor: https://mnrmuller.wordpress.com/2008/04/29/weg-na-wakkerstroom/
Wanneer ‘n mens begin werk en deel van die rat race raak, is dit soms lekker om jouself in ‘n ander werklikheid te verbeel – in ‘n omgewing wat meer aards en ongejaagd is. Wakkerstroom is so ‘n plek, oftewel, so vermoed ek 🙂
Daar’s niks behalwe voëls, gras, ‘n laerskool, ‘n paar huise, ‘n polisiestasie en ‘n ouetehuis nie.
Ons gaan een keer ‘n maand soontoe om vir my Ouma-hulle te gaan kuier…wel as jy daarin dink, dit is nogals baie rustig…maar daar’s omtrent net oumense wat my wil soen 😦
Op jou oudag kan dit seker werk. Na my sin is daai plek TE rustig
hehe 🙂 ‘n aftreedorpie dus. ironies dat dit die naam Wakkerstroom het.
kyk, ek was self nog nooit in daai geweste nie, maar die naam klink interessant – en ek figure dit is ‘n teenpool van die gejaagde lewe wat ‘n mens in die stad lei, so dalk sal ek dit vir ‘n jaar of twee probeer.
waarskynliker, egter, sal dit vir my slegs ‘n metafoor bly – ‘n skyndorpie waarna ek kan hunker as die geboue hier my onderkry 😉
maar dankie vir die wenk – ek sal die oumense se nat soene probeer vermy!
Oppas vir tannie Bridget dan…
Baie dankie vir die hartlike verwelkoming!
Wag ‘n bietjie… daardie knus geel bibliotekie klink tog te veel na my ou almamater. En nog in Kloofstraat ook? Nee, definitief! Ek kan nie glo dat hulle jou so baie laat werk het nie, of wag… ek kan. Ek praat maar in ons volgende klas met jou oor ons gunsteling hoof (“He who shall not be named”) =)
Haha, janee. Daar is nie baie geel biblioteke in Kloofstraat nie… (veral nie nou met die bouery nie!)
Terug pieng: Dagsê Taalonderwysers! « Klaskenades
Hoe kan ek meer inligting/leermateriaal van jou bekom sonder om dit om die rekenaar te leer? Het jy dalk iets in n boekvorm/cd of gedrukte materiaal waar ek myself kan leer? Woon op plaas en wil net basiese bevele vir werkers gee.
Tel 023 5712 638
sel 083 279 5094
Baie dankie by voorbaat.
@David: Jammer, ongelukkig nie. Ek ontwikkel tans die isiXhosa-lesse hierso op die blog. Dalk sal ek mettertyd genoeg materiaal hê om in ‘n ander formaat uit te gee, maar tot dan sal jy hierso moet kom inloer.
As jy in gereelde kontak met anderstaalsprekendes is, is dit goed om hulle direk te vra wat sekere woorde beteken. Daar is tans ook ‘n hele paar meertalige vertalende woordeboeke op die mark wat sal kan help met direkte vertalings.
As jy ‘n werkwoord opsoek, dan gebruik jy die bevelsvorm-vetaling netso, bv: “-sebenza” in opdragvorm, is: “Sebenza!” (Werk!) en vir meer as een mens, d.w.s. vir die meervoud-opdrag, voeg jy ‘n -ni agteraan: “Sebenzani!” (Werk, julle!)
Vir die meer komplekse grammatikale strukture, sal jy nog ‘n rukkie moet wag dat my lesse ‘n natuurlike gang kan loop t.o.v. kompleksiteit.
Alle sterkte!
Hey
Cool page! Gebruik jou afrikaanse insetsels graag! Dankie dat jy vir die milleniers wenke oor skryfkuns en digkuns skriffel! Ek het die gr.8 s behoorlik laat skater met van die idees!
Stuur e-pos
Pieter
Thx @pieter: laat weet gerus watter insetsels jy die nuttigste vind! 🙂
Ek is bly ons kan kinders laat lag – ek glo nogals dat die verrassing-spronge by humor baie soortgelyk is aan die laterale konneksies wat ‘n mens maak as jy leer.
Hallo, Mnr. Muller. Jou raakgelees by Flinti; hou van wat ek sien, sal weer kom inloer as jy sal versakoon dat dié antie sommer so plat en plein Afrikaans en bietjie sleng skryf. Is nie so boekgeleerd (het met sus & Daan grootgeword) maar kan jou vreeslik baie van die lewe vertel.
Hallo, Antie Koekie: Welkom by my blog – ek lees ook lekker aan als wat julle by Flinti vir mekaar skryf; sal ook ‘n draai gooi by Die Voorhuis 🙂 Geniet hom!
hallo mnr muller! bly ek het jou webblad ontdek! Gebruik nou jou lessie oor vloek in ‘n toespraak oor die onderwerp “knoop” vir die atkv redenaars. sal jou nou gereeld lees!
Aha, gebruik gerus enige skrywes van dié blog – solank jy darem die webadres verskaf 😛
Laat weet asb hoe die debatteerdery gaan!
Ek is opsoek na lesplanne vir Wiskunde graad 9 asseblief. Hoop u kan help
Hi, Andrew, kan jy nie jou vakadviseur kontak nie? Ek was in 2007 laas in die onderwys en was nie toe voltyds ‘n wiskunde-onderwyser nie.
Hello mnr.Muller, hoekom moes mnr wegg gaan uit JvR uit. My broer (Ronnie) het ons altyd so baie van mnr vertel, ek het regtig daarna uitgesien om mnr te ontmoet hoerdie jaar, alhoewel mnr al ‘n paar jaar terug weg is.
Groete AC
Aha, hallo AC, bly te kenne!
Ek is inderdaad weg by die skool, maar soms kom loer ek nog in by oudkollegas of woon ek ‘n skoolfunksie by.
Lyk my jy sal my maar moet opspoor via Ronnie – of wag tot jy jou weg vind universiteit toe, as ek dan nog hierso is.
Haai Andre
Ek het my army-memoire bietjei geskaaf (hel weet daar moet ‘n groter skaafmasjien gebruik word), maar ek wil dit vir jou stuur as jy dit wil lees. wil jy?
groete
F
Wag ‘n bietjie… daardie knus geel bibliotekie klink tog te veel na my ou almamater. En nog in Kloofstraat ook? Nee, definitief! Ek kan nie glo dat hulle jou so baie laat werk het nie, of wag… ek kan. Ek praat maar in ons volgende klas met jou oor ons gunsteling hoof (“He who shall not be named”) =)
+1
weet nie of my gedigte enigsins iets werd is nie? hoe weet mens werklik of jou werk iets besonders is of maar net ‘n gedigie? moet iemand dit lees of hoe sal mens weet?
@jesusfreaksrulegroup: wel, ek weet nie of ons noodwendig elke gedig hoef te beoordeel nie; dit is dalk belangriker om poëties te beginne leef: om verbande raak te sien en oomblikke vas te probeer vang.
Dit help om ánder se gedigte krities te begin lees en meer van literatuurwetenskap en letterkundige konsepte te wete te kom; dan kan jy kriteria ontwikkel waaraan jy jou eie skryfwerk kan meet.
Maar ja… wie weet of enige gedigte ooit iets “werd” is? 🙂 Dalk as jou skrifsels iemand aanraak? …of dalk bloot as jy dit geniet het om iets te skryf en stelselmatig te verfyn?
@mnr.muller kan ek jou epos kry om oor iets te praat? Wil jou meer uit vra oor publikasies ens?
@jesusfreaksrulegroup: jammer, ek dra min kennis van die uitgewersbedryf.
MNR MULLER EK HET GEPOST MAAR EK SOEK N WREDE FEE VERHAAL VAN DIE GRIMMS BROERS MY KIDS MOET DIT HE VIR N TAAK IN GRAAD VIER
IZEL
@Izel Bezuidenhout: die Grimm-broers het vele feëverhale geskryf. Kyk gerus na https://en.wikipedia.org/wiki/Grimms'_Fairy_Tales en besoek julle dorpsbiblioteek.
Om sprokies en feëverhale saam met kinders te lees, is goed vir hulle algemene opvoeding.
Beste Mnr. Muller
Ek waardeer jou blog baie, omdat ek ‘n Duitser is en dit my help om Afrikaans te leer lees.
Ek wil jou asseblief vra of ek die beeld van jou blog oor Transactional Analysis vir ‘n werkswinkel kan gebruik? Ek sou jou natuurlik as outeur noem.
Groete uit Somerset-Wes. Manuela
@Manuela: Gebruik gerus my teks, maar ek is nie die eienaar van die grafika nie. Volg gerus die skakel by https://mnrmuller.wordpress.com/tag/transactional-analysis/ na https://www.youtube.com/watch?v=lnMmO2PdKZY&list=PL7B44BA0DCC742F63 – daarso is ‘n reeks youtube animasies waarvandaan die grafika afkomstig is.
Hallo Mnr ek vra om hulp vir my vakkeuses ek wil graag n paramedikus word en wil die regte vakke neem asseblief help my.
Mnr. Muller, ek het raad nodig vir my dogter in Graad 11 wat in ‘n mediese rigting wil swot, maar sy wil weet of sy fisies kan los en dalk op universiteit ‘n oorbruggingskursus doen, dan kan sy meer op haar Wiskunde konsentreer. Op die oomblik maak haar fisies dat sy nie genoeg aandag aan Wiskunde kan gee nie en vica versa.
Is die blog nog aan die gang?
Miskien moet ek ‘n behoorlike bloginskrywing eendag maak oor skoolgee hierdie kant van die groot pond. Ek’s nou 9 jaar by dieselfde skool – baie op-en-af en nou is daar weer ‘n nuwe kurrikulum oppad uit.