
Die blog is ses jaar oud. Dit is net nog ‘n joernaal in die wye web. Ek wou dit al uitvee tot daar by my ingebreek was en ek besef het dis iets wat ‘n gewone dief nie kan steel nie. Miskien is dit eendag net ‘n dagboekie wat een van my nou nog ongebore kleinkinders deur kan snuffel.
Kliek hier vir ‘n kykie na wat ek kwytraak…. lukraakpossie
As jy wil rondkrap in my pogings met my kamera, is jy welkom om in te loer op Oomlikke in Pixels.







Wicked man! Nes ek altyd sê: My Space = My Rules.
Way to go girl, make me proud! X
Glo dit of nie ousus, ek het eindelik op jou kissie gaan sit en lees. Ek het nie geweet jy kan so skryf nie. Ek dink jy moet ‘n joernalis raak!
Hallo,
Mense steur hulle net aan standaarde wanneer dit hulle pas. Ek dink elke ou het sy eie standaard en reels, sommige mense het ongelukkig dubbele
standaarde, dit hang af in wie se geselskap hulle is. Wens jy ook sulke mense net weg? Soos in, kry ‘n persoonlikheid, ‘n eie identiteit en staan daarby. Ek is okei daarmee as jy van my verskil, dit wys vir my jy het jou eie brein.
Lekker dag verder, en hou by jou standaard!
Hoi Jo-ann,
Wat een leuk weblog heb jij gemaakt.
Ik zal je ook wat foto’s uit Holland mailen.
Hoe meer foto’s ik van jouw zie, hoe meer ik vind dat je heel veel op Marieke lijkt. (de zus van mijn man Henk, dus een volle nicht van je vader!)
Hier gaat alles weer redelijk goed en we zien uit naar jullie komst.
Hallo Tante Jacquieline!
Dankie vir die kommentaar – stuur gerus die foto’s!
Groete,
Jo-Ann
Hene tog Jo Ann, ek stem saam met Boetiegoed, jy kan skryf jong!!
Dankie vir al die fotos.Het eigentlik per ongeluk op you Blog geland, maar geniet hom nou elke dag vir die laaste 2 maande al. Die kommentare en fotos maak dit hier in Duitsland net so `n tik makliker om met die heimwee klaar te kom. Dankie
Hi Jo-Ann! Eerste maal wat ek by jou kuier. Ons het tog meer dinge in gemeen as dat beide weegskale is. Ek is ook mal oor fotografie (veral kinders). My pa is in Nederland gebore en uit die kommentaar kan ek aflei (?) dat jy ook verbintenisse in Nederland het.
Dagse Jo-Ann
Mooi blog van jou. Dankie dat ons hier kan kom kuier.
Groete
HI Jo Ann
Dankie vir jou link en aansluiting op Fb
Groete!
Hou van die blog se naam!!!
Ek “like” jou sommer!
Agterpote plat op die aarde, kennetjie effe parmantig gelig en sonder pretensies.
Die wêreld is myne, en hier maak ek die reels.
Welkom. Ek gaan weer kom inloer.