Hier volg die verhaal van die hemel en die aarde in die dae toe hulle gemaak is:
Toe Magtige Jahoe die hemel en die aarde gemaak het, was daar nie enige plante op die aarde nie. Geen groenigheid het uit die aarde opgespring nie omdat Magtige Jahoe nog nie reën gestuur het nie en daar geen mens was om die aarde te bewerk nie.
Toe het strome drinkwater vanuit die aarde ontspring, regoor die aarde heen.
Magtige Jahoe het die mens gevorm, die stof van die aarde. Hy het lewensasem in sy neusgate geblaas. Die mens was ‘n lewende wese.
Magtige Jahoe het ‘n vreugdetuin in die ooste geplant. Daar het hy die mens gesit wat hy gemaak het.
Daarna het Magtige Jahoe uit die grond al die bome wat mooi lyk en voedsaam is laat groei. In die middel van die tuin was die boom van die lewe. En die boom van kennis van goed en kwaad.
Lewer kommentaar