| CARVIEW |
Okay, ek weet…
Swak verskoning, maar eks nog hier.
Wie wil praat oor ernstige diep dinge?
Ek beloof om meer gereeld aanlyn te wees indien iemand wil gesels, RÊRIG wil gesels oor ernstige dinge, dinge van ewigheidswaarde!
Wie sien kans?
]]>
Ek’s nou ook bly ek het nie die blog delete nie.
Soos dit is moet ek weer heel van voor af begin vriende maak. Was dit so met julle ook?
Dit is nie eintlik ‘n krisis nie, want die grootste Vriend wat mens voor kan wens is nou my beste Vriend!
Ek hoop julle het almal ‘n baie lekker naweek!
]]>Ek het die Here gevind!
Of sal ek sê, Hy het my gevind!
My vinger het so oor die “delete blog” knoppie gehuiwer…
Toe dag ek… nee…
wag ‘n bietjie.
Miskien moet ek daaroor praat.
Dis belangrik!
DIE BELANGRIKSTE DING IN DIE LEWE!
]]>Dankie Rooskind, ek hoor wat jy sê. Evolusie en die “ontwerper teorie” is inderdaad twee heeltemal verskillende dinge. Evolusie is die groot sussie van die Big Bang teorie wat sê; eers was daar niks, toe ‘n groot BOEM!!!! En voila, gee genoeg tyd en bietjie gravitasie krag en siedaar, jy het skoenlappers en seekoeie (en sterre en planete en sommer alles). Amper soos siemsalla-biem, kul jou hier kul jou daar en daar is alles. Geen ontwerper, geen Skepper. Alles het sommer vanself gebeur. Dit is wat die SLIM wetenskaplikes SO graag wil hê ons almal moet glo, al is daar ook wa-wiel groot gate in daardie teorie net waar jy kyk.
Aan die anderkant is ‘n nuwe idee wat al meer spoed optel. Dit is nou dat daar miskien tog intelligente ontwerp agter die ontstaan van alles is en dit is nou wat mooi in daardie video’s van Roer verduidelik word.
Waarin glo jy? siemsalla-biem of intelligente ontwerp? Persoonlik neig ek na die intelligente ontwerp kant toe. Ek het laas geglo aan siemsalla-biem toe ek in kleuterskool was.
Roer
Dis ‘n goeie een daardie van die professor wat wou weet “wie het dit gemaak?” Ek kan nie glo dat so baie hoog geleerdes so dom kan wees nie!
Hans Matthysen
Dankie vir jou gedagtes ou maat. Ek sou graag met jou wou redeneer (lob-stoei op die woordstoot) maar ons skree vir dieselfde span. Ek het maar net die vragie gevra om te kyk wat kom uit.
Gert Gariep
Dankie vir die mooi woorde. Dis omdat jy so eerlik en opreg skryf dat ons almal so lekker kuier daar by jou blog.
]]>
Ek hoop julle geniet die nuwe tema. Ek dink dit is die woord-stoot default .
So, wat dink julle van evolusie? Waar of wolhaar? Kyk die videos op die lienk hieronder. Daar is al meer WETENSKAPLIKE bewys vir ‘n ONTWERPER van die heelal.
“So everything did not jump into existence spontaneously, after all” soos die baie slim wetenskaplikes wil he ons moet glo nie.
]]>
https://www.youtube.com/watch?v=PsXOOLzV_wo
Rooskind, jy vra; “is die brein nie net elektrisiteit wat aaneen vuur nie? kyk maar na die resultaat van ‘n EEG.”
Ek dink dis jou veld daai. Kyk bietjie na die video clips. Dit is verbasend! Wat sê jy nou?
Intussen wag ek maar op nog ‘n paar menings oor ‘Wat is die belangrikste ding in die wêreld.’
DM reken ‘n mens moet jouself ook as belangrik ag. Goeie punt daai. Ek sal later daaroor ietsie pos. DGS herstel nog van sy skeer wonde en Sonkind kry te koud. Eisch!!!
]]>
Daar is baie dinge in die lewe wat belangrik is, natuurlik. Liefde en Vroulief en die kinders en om ‘n goeie mens te wees en so aan. Daar is ‘n lang lys van belangrike goed. Maar vir my is DIT die belangrikste.
Okay. Ek glo ook nie in reïnkarnasie nie. Maar…
Is my siel onsterflik? Daar is net twee moontlikhede, reg!? Ja of Nee!
Indien mens twyfel daaroor, dink so daaraan – jy het ‘n 50% kans om reg te wees. Soos om rooi of swart te speel op die roelet tafel; so wat is dit vir jou meneer, rooi of swart? Jy sit jou chip (jou siel) op die tafel neer en daar spin die wiel!
Sê nou maar ek raai nee dan kan ek mos myself geniet en alles doen wat ek wil, wat ek mag en wat ek nie mag nie, sodra ek net nie uitgevang word nie, reg? En aan die einde is daar geen vergelding nie, geen verantwoording nie! Dan is mens mos dom om nie voluit te gaan en alles in te prop in die kort tydjie tot jou beskikking nie.
Maar sê nou ek was verkeerd en o gonna! Dit draai uit dat my siel toe wel die hele tyd onsterflik was en gepaardgaande daarmee, alles wat staan in die Bybel was toe ook die waarheid! Wel, indien dit so is dan sal alles wat in daardie Boek staan omtrent die hel ook waar wees. Kyk ek is mal oor vuur en braaivleis en kaggels en kaggel vure en so meer, maar om vir ewig en ewig te braai en dit kom NOOIT klaar nie. Dit is ‘n gedagte wat mens mos sal slapelose nagte gee!
So wat dink jy, wat is dit rooi of swart…
]]>
)
Sonkind raak aan die onderwerp van reïnkarnasie. Interessant! En dit sal lekker wees om te hoor wat julle daarvan dink. Glo jy in reïnkarnasie? Is dit nie maar afkomstig van ons vrees vir die verganklikheid nie.
Wat van onsterflikheid?
Hou jou gees aan met leef wanneer die liggaam sterf of nie? Wat is die gees? Wat is jou siel? Is daar ‘n verskil. Waar woon jou verstand? As jou liggaam sterf wat word van jou verstand?
Dis diep vrae, ernstige vrae ek weet. Maar ek wil graag daaroor praat. Dit sal lekker wees om almal se standpunte te weet. Ons gaan natuurlik van mekaar verskil. Dis goed so. Jy mag miskien niemand oortuig van jou standpunt nie, maar dis ook goed so. Dit is ook nie my gedagte om met jou te argumenteer nie. Vir jou te sê maar jy’s verkeerd nie. Ek sal dit ook nie doen nie. Wat wel lekker is, is wanneer mens ‘n nuwe idee kry om te ondersoek. Hoekom, waarom, hoe?
Lekker!
Laat weet maar!
]]>
Reïnkarnasie
Hierop het ek ‘n paar vragies;
Bestaan daar so iets?
Is dit belangrik?
Hoekom?
Watter voordeel hou dit vir my in?
Wat is die doel daarvan?
Is daar bewyse?
Hoekom bestaan daar so ‘n teorie?
Watter gelowe glo daaraan?
Wat dink julle?Wat dink jy?
Ek tag Gert Gariep, Da Mario, DGS, Johan Swarts, Jaco en Krista, NetJane, Rosalind, Pikkelik, Boer in Ballingskap en Roer om elk te noem wat is in jou mening die belangrikste ding in die hele wêreld en om elkeen vyf ander te tag om dieselfde te doen.
]]>Is die aarde net 6000 jaar oud of 13.5 miljard jaar?
Wat dink julle van evolusie?
Is ek bedruk, bemoerd of beide of net nuuskierig?
Miskien gaan dit te goed met my. Ek kla nie, ek is baie dankbaar. Ek smag net om te gesels oor goed wat regtig saak maak, wat belangrik is!
OK, ek tag julle almal!
Wat is die HEEL BELANGRIKSTE iets/ding/vraag/onderwerp (kies een) in die LEWE?
]]>