Kyk, as Suid Afrikaner het ek al jare gelede vrede gemaak met die manier waarop taxis gebestuur word. Om die waarheid te sê verdedig ek hulle gewoonlik as iemand daarteen te velde trek. Hulle probeer maar mos net ‘n bestaan maak en soms is daar nie ander uitweg as om soos sotte te bestuur nie.
My siening het nog nie verander nie, maar vandag het ek so bietjie grimmig geraak, en dit nogal twee keer!
Ek had ‘n afspraak maar gee my genoeg tyd om daar te kom. Op ‘n staduim moet ek besluit om die linker- of regterbaan te kies in ‘n stedelike gebied. Goeie burger wat ek is kies ek links, agter ‘n taxi en polisiemotor. Toe die lig groen slaan beweeg die regterbaan en ons begin sluip teen die spoed van tuinslak. Die taxi het seker probleme daarom dat hy nie beweeg nie. Maar daar is ‘n noodbaan regs, so waarom nie in die noodbaan inbeweeg nie? Halfpad die blok af kry ek ‘n gaping en gaan oor na regs en gaan die taxi verby. Hy gesels te lekker op sy selfoon 😡
Aaa, maar dis nie al nie.
By die volgende verkeerslig stop ek toe weer in die linkerbaan, voor. Toe die lig groen word flits die taxi aan my linkerkant (die noodbaan) verby. Na die kruising gaan hy regs, met ander woorde, voor my in, en so 20 meter aan rem hy skielik voor hy weer links beweeg om ‘n pasasier op te tel. Vir die wat wonder, die polisiemotor was die hele tyd agter my. Maar nou ja, niemand was mos in ‘n ongeluk nie :~(
Na die afspreek kom ek terug en ry vas teen padwerke waar twee bane toegemaak is en almal oor moet gaan na ‘n tydelike baan op die aankomende verkeer se kant. Dit skep natuurlik groot opeenhoping. Nou weet ek uit ondervinding dat taxi’s aan die linkerkant gaan indruk. Na die vorige patale wou ek toe uitwerk wat die persentasie van wetgehoorsame taxi-bestuurders sal wees. Dit is ‘n goeie plek vir navorsing want ek kan al die motors agter my sien vir so 200m. Raai net, 100% van die taxi’s het regs beweeg, verbygery (sommige teen verbysterende spoed) en dan waar die kegels gepak was van links ingedruk. Ja dis reg, 100%. Terloops, het nie een motor dit gedoen nie, ook nie ‘n paar swaarvoertuie wat gestaan en wag het nie. Dit het my ook verbaas.




vs. 


vs. 




