awake, awake the thing in the night the thing that burnt my sun the thing that sleeps in the hole the hole in my soul awake, awake the thing in my soul the thing that replaced my feeling of whole when I felt like I belong awake, awake my soul in the night where the thing is master where the thing is my control of regret and misery sleep, asleep is my freedom is my redemption far away is my sun far away is the end sleep, asleep is not the thing the thing in the night the thing in my soul but my thoughts of myself
Identity
Yesterday, upon the stair,
I met a man who wasn’t there
He wasn’t there again today
I wish, I wish he’d go away…
(Antigonish-Hughes Mearns)
Let your you out
I am not my hair
I am not my skin
I am the soul that lives within
~Recording artist India.Arie
nasmaak van sonbrand
terwyl ek die graaf van onreg diep in die vlees van gesanik spit,
stap ‘n hond my erf binne en gaan lê onder die beskeie boom.
middag, sê ek en trap die graaf van onreg dieper in.
“hoekom grou jy alweer?” vra die hond met ‘n frons.
ag jy weet, hier was weer donderweer, met tergende blitse van uitbarsting.
en ek was raakgeslaan, dié keer 2 houe!
“is dit nou nadat verdriet hier by jou gekuier het?” vra die hond nuuskierig.
jou skeinheilige onkunde amuseer my glad nie, jy weet mos wanneer verdriet hier was.
“ja maar ek wil hoor of jy dit wel kan be-aam” sê die hond met ‘n gaap.
genade hond! ek gooi die graaf van onreg neer
en met die instap by my onrustige voordeur, vra ek die hond of hy dors is.
“dors? ja, ek het al vir ‘n paar dae ‘n onlesbare dors vir ontgelding. jy weet, vir diep reiniging”
wel, ek het net vars gedrukte gewete sap, wil jy hê of nie?
“dit lyk of jy al te veel daarvan gedrink het, maar nee dankie, nie vir my nie.
en voor ek gaan, jy moet maar eers vir ‘n wyle, uit die son ook bly”
lemmetjiesdraad se snit
hy sit met sy knieë opgetrek onder die tafel
in die midde van woede en onstig se vlamme
dit smeul aan sy siel, dit krul om sy hart
en sy trane spat in waansin oor golwe en dale
van moedelose grys miswolke naby en vêr
wie gaan sy hart sus?
wie gaan sy trane kus?
in sy bloed skuil demone van verwoesting
in sy siel reeds dade van wraaksug, van geweld
uit die pyn van ‘n opgehefde kom verlossing
dit word onbewustelik gebreinspoel met lewe
veral vir hom wat uitgeworpe is van ontferming
wie gaan sy hart sus?
wie gaan sy trane kus?
sy taal is onverstaanbaar vir die wat nie luister nie
sy kyk is moorddadig vir die met verrotte harte
hy betree verbode universele entiteite
vir sy eie stilte
vir sy eie geraas
niemand was hier nie
niemand is daar nie
vloek van verhongering
Terwyl die yswind van waansin my liggaam in honderde slete sny sing ek ‘n ou vergete wiege-lied sag maar tog hoorbaar. Die klanke vol van gister se ontbloting sweef in byna stilstaande tyd golwend oor die bloedrooi horison waar my oë geensins sig het nie.
Die koue van die die vlekvrye slagmes in my hand pols ritmies boodskappe van laggende krieke na my lekkende lobbe wat al gaan lê het van uitputting. Ek sny nog ‘n egalige sekuur snit in die 1976 toneel wat naby is aan om bewussyn te verloor van bloed verlies. En ek gooi die stukkie besmette vlees vir my uitgehongerde belgiese wolf wat dit met een sluk smul. Hy kyk my met yster oë aan, kil en emosieloos. Ek skater histeries die ruimtes in en skreeu uit my maag uit:
VANAAND SAL JY VERSADIG WORD!!!!!
een sekonde in dood se lewe
die vlamme in bewustelose oë soek na ‘n volmaan
in die hemelruim van duisende woorde waar ink droog is
waar ‘n beskermde uurglas te min sand oor het
om dit in geformuleerde fragmente uit te meet terwyl
die ontsaglike vrees groei in ‘n haat wat alles sal opvreet
wat die laaste druppel bloed swart kleur en siele leeg suig
vlamme wat liefde ontbrand in plastiek gevoelens
gekluister in die openbaar waar podiums al lank leeg staan
en daar is woes en leeg
5-11

net ‘n bietjie liefde
GENESIS – Land of Confusion (1986)
Ek het wakker geword met Genesis se liedjie, Land of Confusion in my gedagtes en deel dit graag vandag. En veral die woorde “And not much love to go round”
Ek glo in liefde. Liefde vir lewe, liefde vir mens. En soms vergeet ons van die oorvloedige liefde in onse binnestes, wat ons siele vul en versadig wanneer ons dit net laat wees, wanneer ons vry is. Ons raak soms so gebind deur die ego se behoeftes, die alewige eie ek wat moet aandag kry, wat moet uitstaan.
Tye wanneer liefde vergete raak, net ‘n droom is. ‘n Fantasie verhaal iewers
diep in die binneste harts-kamer. Maar dit lê geduldig daar, altyd en ewig.
Gereed om weer te kan blom met net ‘n bietjie selfaanvaarding en koester. So
my liefste mens, haal diep asem, maak oop jou denke en verenig met al
daardie liefde in jou siel.
Word vry!
electrify my sadness
I hear it in their eyes
the corners of despise
a look of empty need
my desire to feed
electrify my sadness
electrify my sadness
my heart turns to steel
turning in a hollow wheel
crying driftless day to night
I am so tired of the fight
electrify my sadness
electrify my sadness
throw me in an empty room
madness is what you presume
there is no love in the greed
only my desire to feed
electrify my sadness
to the end of nothing
electrify my sadness
to the end of everything
electrify my sadness
