Exporters From Japan
Wholesale exporters from Japan   Company Established 1983
CARVIEW
Select Language

Net omdat dit my nooit in sy kloue toegevou het nie, beteken nie ek kan dit goedkeur nie en nog minder beteken dit dat dagga nie verslawend is nie.  Ek het bv jare gewone sigarette gerook en kon dit los sonder enige probleem, dagga gerook, (eie plantjies gekweek), selfs mandrax probeer op skool, baie gedrink en niks het my gevang nie. Maar dis pure genade van God (en ek glo ‘n gelowige ma se gebede) en bewys beslis nie dat dagga nie verslawend is nie.  Ek het Zee se hele storie gelees vanaand en dit maak my ongelooflik hartseer.  Mens het nie naastenby ‘n idee wat dit aan ‘n ma moet doen nie.

In een van Zee se posts is daar ‘n ou wat se hy rook al 10 jaar elke dag dagga en makeer niks daarvan.  Ek het onwillekeurig gewonder of die mense naaste aan hom dieselfde sal se. En hoekom rook hy dit elke dag. Denial is such a safe place!!  Ek was 17 jaar lank getroud met iemand wat daagliks dagga gerook het.  Volgens hom om sy kop stil te kry. Hy is bipolar en ADD. Die dagga was in die plek van medikasie of alkahol. As hy nie dagga gehad het nie, of probeer het om op te hou, het hy hom versuip.  Later het ek self gedink dis okay, het die dagga verkies bo die drank, want dis rustiger. Selfs soms ‘n joint of twee gerook net om bietjie op sy level te wees. Tot ek uit my eie denial gekom het en besef het dis die kwaad en oorsaak van als. 

So wat is eerste,die bipolar of die dagga?  Toe ek begin besef dis die ware probleem en dat ek ‘n co-dependant is, het ek begin navraag doen en uitgekom by iemand wat ‘n rehab run.  Hy vertel toe dat hy vir dieselfde rede dagga gerook het en ook gediagnoseer is as bipolar, MAAR 1 jaar na hy die dagga gelos het, was daar geen tekens van bipolar meer nie. Hy is nou al tien jaar skoon, gelukkig getroud en run ‘n rehab. Dus, as daar ‘n latente psigose is, sal dagga dit stimuleer, al rook jy flou joints soos my eks. 

Na ek met die wyse man by die rehab gesels het, het ek besluit tot hier en nie verder en ek help niemand deur aan te hou pamperlang en cover nie.  Ons woon toe al 3 jaar verniet is sy broer se huis,want hy kry nie werk nie, probeer sy eie ding, kan nie konsentreer, kan nie fokus, kry nie die regte brake, partners laat hom in die steek, het nie ‘n vrou wat hom genoeg ondersteun ens ens ens. En ek neem toe die stap om die familie in te lig en vir die broer te se, dis nou genoeg, ek is nie meer bereid om verniet op hulle nekke te le en ons moet ‘n family talk he.  Needless to say, ‘n groot kan wurms is oopgekrap en raai wie is die vark in die verhaal, want hoekom het ek nie lankal gese hy rook dagga nie, maar hoe durf ek se hy rook dagga? Denial again. Ek het ‘n ultimatum gestel van behandeling vir sy verslawings (dagga het soms gelei na sterker goed wat hy by prostitute gekry het, want dis glo die maklikste plek, maar dit bleik toe nie al te wees wat hy by die prossies gekry het nie – bipolar/drugs/verslawing) Ek het die regte mense opgeline gehad, want elke dag hiermee werk en dit nog verniet sou doen ook. Wat dit enduit neem, nie net een besoek en handvol pille nie. Hy en sy familie het egter gedink hulle weet wat hulle doen en nie daai roete geneem, maar ‘n gewone psigiater gekies wat niks weet van sy geskiedenis, vir wie hy enigiets kon vertel en wat hom bipolar / add diagnoseer en daarvolgens behandel met slegs medikasie, geen berading, geen life skills guidance, net pille.  En hy kan nie vir als behandel “want hy weet nie hoeveel skade die dagga al aangrig het”. Well, I rest my case…

Gelukkig, het ek wakker geskrik en uitgetrek.  Die wipplank se balans herstel, of nog besig om te herstel. Dis nou tien maande dat ek en my bloedjies alleen is en is laasmaand geskei. En ons weet wat ons kry as ons saans by die huis kom.  Of hy nog dagga rook die weet ek nie. Dit smaak my egter hy gebruik net die baie pille met die baie newe effekte en drink baie en lyk nie goed nie.  Het obviously binne 2 maande nuwe vrou, ouer, wat vir hom kan ma speel en sorg vir ‘n dak oor die kop. En dankie vir haar, want hys af van my case.

Hys helder genoeg om te besef wat hy aan my gedoen het en het verskoning gevra en die ultimate keuse was myne, maar dis 17 jaar! En dis dagga . . .

Dankie vir geloof en genade, dis al wat my daardeur gekry het.

]]> https://emmabel.wordpress.com/2008/07/04/dagga-is-gagga/feed/ 14 46 Emmabel No More! Die Koningkryk https://emmabel.wordpress.com/2008/06/29/die-koningkryk/ https://emmabel.wordpress.com/2008/06/29/die-koningkryk/#comments Sun, 29 Jun 2008 21:53:15 +0000 https://emmabel.wordpress.com/?p=18 Die hele gedagte van God se Koningkryk laat my baie veilig voel , want ek weet ek is deel daarvan , deur Jesus Christus.  Maar om jou plek daarin te vind en vol te staan is vir my ‘n heel ander storie.  Om deel te wees van die Koningkryk is vir my belangrik, die Woord praat immers van die gemeenskap van die heiliges en ek is mal oor kerk toe gaan (mits dit my siel voed), Maar êrens bly iets missing. Partykeer kan ek myself vreeslik condemn en dink dis oor ek nie goed genoeg is dat ek nie in pas of iets in daai lyn, maar ek weet dis twak. Iets soos goedgenoeg is daar nie. Nou maar dan vra ek weer, wat is die missing link. Waar mis ek dit?  Vanaand met iemand van my kerk gepraat (ek was nie vanoggend in die kerk nie agv siekte) en skielik het ek net gewonder wat dink ons is ons besig om te doen. Ons speel kerk, een belangriker as die ander.  In my kerk is ek niks, ek meen ek doen niks.  Dit was ‘n besluit, ek hou my uit die dinge, want so wil ek nie my brownies verdien nie.  En aan die anderkant voel ek totaal useless in God se Koningkryk.  Ek het nie ‘n brandende begeerte om siele te wen nie, bid ja, ek sal hulle inbid, maar eks nie ‘n evangelis.  Ek wil net vir die Here werk, maar eerlik, verkieslik nie in ‘n kerk nie.  Al gedink ek moet gaan kerke bou, fisies met stene en modder. Of saam met hierdie groot uitreike in Afrika ingaan en pakkies uitdeel vir honger kinders en saam met die pakkies net drukkies en smiles en liefde.  Ek is so moeg van kerk speel, maar waar ek is kan ek nie daarsonder, want ek het die samehorigheid nodig. Ek het al probeer en die Woord het Homself bewys – there is safety in a multitude – ek het God se kerk nodig.  Maar waar gaan ek haar kry.  Ek is sekerlik nie special of anders nie, dis net dat ek nooit deel voel van die groep nie. En dis nie rejection nie, daai pad het ek ook al geloop. Om mee te begin is ek nie ‘n groepmens nie. Ag weet jy, ek’t dit klaar gese, eks moeg kerk gespeel, so wat nou? Ek dink Afrika roep my. . .

]]>
https://emmabel.wordpress.com/2008/06/29/die-koningkryk/feed/ 2 18 Emmabel
Aalwyne https://emmabel.wordpress.com/2008/06/10/aalwyne/ https://emmabel.wordpress.com/2008/06/10/aalwyne/#comments Tue, 10 Jun 2008 20:42:52 +0000 Nou ja, ek wou uitvind oor hierdie blogging en toe begin ek maar by die begin en laai eers ‘n prentjie.  Is dit nie stunning foto nie?  Aalwyne het my skielik begin aantrek.  Het nooit van hulle gehou nie.  Ek dink dit was die assosiasie.  Sondagmiddagetes by ou tannies in hul voorhuis en dan hang daar sulke kitch skilderye van aalwyne. Of outydse rotstuine met een aalwyn wat die hoogte in styg.  Maar toe kom woon ek in die aalwynwêreld en sien hulle in die natuur.  En hulle begin blom in die grou winter en ek besef onmiddelik hoekom God hulle gemaak het.  Hierdie spesifieke kiekie dans die aalwyn en sê dankie. So dis dan my eerste blog. Lank lewe die aalwyn!

 

]]>
https://emmabel.wordpress.com/2008/06/10/aalwyne/feed/ 7 1 Emmabel