| CARVIEW |
Oor My
People are made up of 99% emotion, and 1% reason. Take care of their hearts, and their minds will follow. Joy Madison
My naam is Dellie, en ek woon in Welkom. Ja, daar oppi Vrystaat vlaktes.
Ek het nie reëls vir hierdie blog nie, ek vertel hier maar net vir jou wat in my lewe aangaan. Ek geniet dit ook om so effens anoniem te bly, dis hoekom jy net my oog sien. (*snork* almal weet nou seker al hoe ek lyk) Eendag sal ek wel ‘n foto deel, (helllooo – dit het mos nou al gebeur!) maar op hierdie stadium wil ek graag hê dat ons mekaar leer ken sonder “covers”. (Ja right. En ek bedoel dit – haal af daai maskertjie van jou, en just let it flow … ) Jy is welkom om jou sê te sê net soos wat jy wil, ek belowe om nie comments te delete nie! (En sowaar kan ek nog daarby staan! ) As jy niks wil sê nie, is dit ook reg. Ek blog omdat dit vir my lekker is. Moet asseblief nooit voel dat ek jou in ‘n blik wil druk nie. Verskil maar van my as dit jou opinie is, jy is meer as welkom! (Mooi gelees? Lees weer … )
Ek is ‘n baie positiewe mens, en verkies om die goedheid in mense eerste raak te sien. Ek kry ook maar my “af” tye, maar dis mense soos julle wat my sommer gou weer my seëninge laat tel!
Ek hou van musiek, alle musiek, van County tot Opera. En dit geld ook vir my smaak in flieks. Ek kry nie baie tyd vir lees nie, en ek het nie vreeslike opinies oor wêreldvrede, godsdiens en politiek nie. Ek is maar net ‘n doodgewone, gemiddelde inwoner van ons reënboog land!
Kom kuier gerus weer!
Women are ANGELS !!! And when someone breaks our wings … we simply continue to fly … on a broomstick!!! … 👿
O jinne, amper vergeet ek!
My motto: Gryp dit aan die horings, en ry dit bloots! 😆
45 Responses so far »
Lewer kommentaar Kanselleer antwoord
Thought for the day
Give it thought. Consider every angle. And then speak your mind. You've not been drawn into anyone's life just to listen.-
Psstt!!
Dellie KosMy krag vir elke dag
“Life is like a wild tiger. You can either lie down and let it lay its paw on your head, or sit on its back and ride it.” – Indian proverb Of in Dellie terme: "Gryp dit aan die horings, en ry dit bloots!"
glitter-graphics.comBladsye
Julle Sê
Anoniem oor Rooikappie en Wolf – die… Save My Marriage Adv… oor Ontgroening Anoniem oor Wat is ‘n bees? Apie oor Skaapkop Jaco Human oor Tyd vir Sweet Renate oor Tyd vir Sweet Renate oor Tyd vir Sweet Anoniem oor Rooikappie en Wolf – die… Marietjie oor Ontgroening Ammie oor Tyd vir Sweet Jaco Human oor Tyd vir Sweet FelicityAmmara oor Hier gaat ons! As jy privaat wil sê
homedotwelkomatgmaildotcom-
Onlangs
Gunstelinge
Afdelings
Kalender
Februarie 2026 M D W T V S S 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 Lekker Leesgoed
- Geen
Hier hol ek beslis elke dag in
Brandnetel
BB’s Blog
Boer in Ballingskap- Die 2014 FIFA Wêreldbeker: ‘n Sokkerfees in die land van Samba
- Vir oulaas dus: Die pagodas van Gameunsa
- Korea se eerste eerste vrouepresident?
- Vrydagaand-song XXXIV
- Titelloos
- Faf du Plessis: ‘n Legende word gebore
- Riaan Cruywagen: Die gedienstige handpop
- Vrydagaand-song XXXIII: Benedikt Sebastian en supermarionasie
- Bekostigbare rooi genot
- Nog ‘n najaar in die vreemde…
Chopper- An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.
Daaglikse Dagboek- An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.
Demoerin
Flintie
Holderstebolder- An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.
Jan se Twak
Meermin- An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.
NetJane- An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.
Rosalind Franklin
Wosonki- An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.
Zee se scribbles- An error has occurred; the feed is probably down. Try again later.
Vanaf Oktober 2007
- 386 716 Loertjies
Ek hou hiervan
- Abraham Kriel Kinderhuis
- Adele se gedagtes
- AfrikaFairy
- Alta Far Away from Home
- Annie se Droomland
- Antie Koekie
- Bamboes
- Bashing innie Boendoes
- Bastardo Wingerd & Wynkelder
- Bertus Melk
- Blixer
- Bloggenoot – Paula
- Blogkies (Christo)
- Boer in Ballingskap
- Bosveldbitch
- Bottertjie
- Brinkenheim
- Costello
- Da Mario
- De Duine
- Demoerin’s Klasak
- Deurmekaar Verby
- Die Werf
- Dis ek, Annie
- Ds Attie
- Eben se Plekkie
- Feetjieland
- Gysyjo
- Hexie
- Hoeter se Toeterplek
- Idiwidi
- Inderdaad
- Jan se Twak
- Johan Swarts se blOg
- Kaalkop
- Kasterolie
- Klopper Kaskenades
- Kokkewiet
- Konings
- Kruidjie-roer-my-nie
- Kyker se Kuierplek
- Meermin
- Mockajava
- My Kop Op ‘n Blok
- NetJane
- Neykie
- Nickey Botha
- Nimsie
- Onder die maan en sterre – Wipneus
- Onrustig
- Oopkop
- Op die Seepkissie
- Parkie
- Patches
- Pienk Zuit
- Piesangverkoper
- Pikkelik se Blik
- Pippielangkous
- Pitkos
- Platterfuss
- RB
- Rondom my tafel (Sonia)
- Rosalind
- Salige Rus
- Sammi
- Skoenlapr
- Skoor kook oor
- Skoorblok
- Sonkind
- Sonneblom
- Sonstudio
- Spooklag
- Sterfling
- Stroopsoet Koeksuster
- Tersia
- The Flat White Snot Blog
- Tigerlilly
- TristonJ
- Troustories – Karl
- Tydskrif
- Uit die siel van ‘n boer
- Uit en Tuis – Sandra
- Voetjies
- Vokov
- Wessel
- White Knight se Veilige Hawe
- Willeklong
- Wimpie
- Windpompe en Vygies
- Wosonki
- Zee se Scribbles
- Zoekoe se plek
Waar in die wêreld?
Wie loer nou?
Ou Goed
-
Subscribe
Subscribed
Already have a WordPress.com account? Log in now.








kyker said,
November 22, 2007 @ 7:25 vm
Waar ek skoolgegaan het was daar ook ‘n AK kinderhuis. ‘n Paar van ons was goeie maats. Mooi blog! Dankie ook dat jy by my ingeloer het.
Mollie said,
November 29, 2007 @ 4:09 nm
Hi Dellie
Lees nou al ‘n paar dae jou blog. Hou van wat jy skryf. So rustige , kalmerende blog, nice
patches said,
Januarie 27, 2008 @ 11:29 vm
Hallo jy!! Ek het jou raad gevolg – dit is soos 1,2,3 siedaar, jou blog is fantasties – ek moet miskien ook ene kry, ek weet nie waar nie, maar ekke sal wel sit en soek want manlief werk alweer met al die kabels wat so missing raak. Kinders kyk flashed-away en ekke ja ekke sit maar en relax.
leoncroukamp said,
Januarie 27, 2008 @ 8:29 nm
Jy’t ‘n mooi oog. Ook jou blog.
Emil said,
Januarie 28, 2008 @ 7:41 nm
Nice blog – ek sal gereeld kom kuier en op my blogroll sit!
Elsa said,
Februarie 13, 2008 @ 12:25 nm
Hi Dellie, My blog naam is Parkes, ek wil weet gee jy ook rekenaarkursus vir blindes. My man was so 2 jaar in n vreeslike ongeluk en is toe ook blind asg van die ongeluk. Hy was so rukkie by die blindevereeniging vir n rekenaar kursus maar die wat saam hom was, was maar baie stadig en dit het hom verveel en het toe opgeskop. Hy werk tans op Jaws maar ons het net die Demo op sy rekenaar, en na elke 40 minute moet hy weer re-start. Wat dink jy van JAWS.
Groete
Elsa
costello said,
Maart 3, 2008 @ 10:18 nm
interresante blog…en motto. sit jou op my blogrol. Groetnis
Isabel / Auckland, New Zealand said,
April 15, 2008 @ 4:41 vm
Hi Dellie,
Dit is fantasties om al die stories en comments uit Suid Afrika te lees. My taal bly Afrikaans al sit ek in ‘n Engelse land. Ek geniet jou vertellinge baie, en verlang verskriklik na Suid Afrika. Maar as ‘n ou se hart by jou eggenote is, moet jy hom maar volg tot wie weet waar. Baie dankie dat ek kan deel wees van die lekkerste lekker stories in Afrikaans.
Paula said,
April 21, 2008 @ 1:17 nm
Ek geniet jou blog baie. Jy het ‘n lekker gemaklike styl waarmee jy skryf. Hou so aan.
Ek sal nog baie kom inloer.
Lekker Dag!
Dellie said,
April 21, 2008 @ 5:01 nm
Ek kom loer maar min hierdie kant, skuus julle!
Welkom Paula en Isabel, dis altyd lekker om nog van die lesers te leer ken. Bly julle geniet dit hier!
Antie Koekie said,
Mei 3, 2008 @ 10:27 nm
hi Dellie,
het al so baie van jou gelees, maar vandag eers ingeloer.
jy bly in Welkom????
ek het 2jr terug vandaar, Kaap toe getrek!!!
stuur tog asb jou epos?
sal graag wil gesels oor my hometown.
lekker bly.
Die Brein said,
Julie 7, 2008 @ 8:44 nm
Dellie jy was altyd een van my favorites op SSSB en jy is dit steeds en jy ken mos soms is my koppie warm en ander kere cool.Maar ek like mense soos julle ook maar mens ok maar lus en lis en en en……….Maar ja ek geniet jou se goed en jou blog.
Tersia said,
Julie 8, 2008 @ 6:12 nm
Almal van die OVS is gr8!! Eks mal oor jou blog!!
Susie said,
Augustus 13, 2008 @ 12:28 nm
Goeie werk die “die blog”
knap gedaan!
Blou said,
Oktober 29, 2008 @ 12:50 nm
Hi Dellie, ek kuier lekker op jou blog. Lekker dag
annemarie wilson said,
Januarie 15, 2009 @ 1:37 nm
dellie ek is nie rekenaar vaardig soos jy nie, en vandag perongeluk beland ek hier by jou in die vrystaat. ek is so bly oor jou passie vir mense want dit het ons defnitief in gemeen. ek is van secunda en werk in n intensiewe eenheid by een van die medie kliniek groep. my pasiente is my al’s. ek bid en vra elke dag dat die Heer my as instrument sal gebruik waar mense in intensief Hom die nodigste het. jou blog is baie intressant. hou en bou so voort met jou goeie diens. liefde en groete van annemarie
Dellie said,
Januarie 15, 2009 @ 1:54 nm
Hi Annemarie, en welkom hier! Ek het jare terug in Evander gewoon, en my mangels is uitgehaal in Secunda – wetie of dit toe al ‘n Medi Clinic was nie, maar ek ken jou wêreld. Ek hoop jy het die bladsy gebere en kom kuier gou weer! Daar is die gewone dinge en ek het nou ook ‘n kosblog begin – vir lekker vinnige etes, gaan loer by https://delliekos.wordpress.com/ en deel ietsie as jy wil! 😉
twattiesemq said,
Februarie 10, 2009 @ 12:35 nm
Hi Dellie, ek’s maar nuut in die blog-besigheid en dink jou blog is super nice!
Willeklong said,
April 8, 2009 @ 9:47 nm
Hi Dellie. Ek hou van die gevoel van jou blog en dit lees lekker. Sal gereeld kom in loer…groete
annderster said,
Mei 20, 2009 @ 1:51 vm
Ek is nog bietjie nuut en baie anoniem. Ek het jou blog – die hartseer post met die traan – op my blog statistieke bladsy gekry, verstaan nie mooi hoekom nie, maar ek’s baie bly!
Jy lyk baie interessant, Dellie. Ek sal weer kom inloer.
pluim said,
Junie 28, 2009 @ 1:57 nm
Ek hou van jou spreekwoord.
parradoc said,
Julie 24, 2009 @ 9:38 nm
Hi Dellie
Wragtig nie besef jy is ook n Goudvelder nie. Ek woon hier op n plaas naby julle, is n oud Gimnasium-onnie wat later gaan boer het.
Sien jy doen rekenaar-opleiding. My seun het by Damelin studeer ma werk nou by Human auto, my dogter verbonde aan die Casino maar opgeleide ouditeur.
Miskien kuier ons eendag saam ook met Daisyblom wat ook hier woon.
Ek laaik ook jou rustige blok
Gaan weer hier loer……
groete
Doc
ZonkieZola said,
September 18, 2009 @ 1:47 nm
Hallo Dellie
Cool blog. Sal gereeld inloer.
Groete van die vibrating phone.
Adéle Maree said,
September 28, 2009 @ 3:50 nm
Hi daar Dellie,
Wil net laat weet ek het nou lekker gelag vir die sop resep!
Graag wil ek ook net met jou deel dat ek ook ‘n Dellie is. My ma noem my al van kleins af Dellie. My vriende noem my Della!
Ek is getroud, bly in die gopse tussen Mafikeng en Ottoshoop. Ja waar kan jy weer vra! Ek het drie kinders en moes net eers vir jou mail.!
Lekker dag!
Toikie said,
Oktober 2, 2009 @ 8:00 nm
Hallo
Ek is opsoek na bewoording vir ‘n ooievaar uitnodiging. Kan enigiemand my asseblief help!
ekisanna said,
Desember 4, 2009 @ 7:27 nm
Haai Dellie, ek is nuut op WordPress en geniet die Afrikaanse blogs sommer baie. Ek het so pas jou etiket reels gelees en so gelag dat my man kom saamlees het. Ek het baie om te leer en almal se jy is die IT boffin op WordPress so ek sal baie kom inloer.
Chrisna said,
Januarie 28, 2010 @ 7:10 nm
Wil net hoor of jou kind toe Amerika toe gegaan het met away2xplore want myne moet ook gaan vanjaar en ek raak al skepties oor hulle so stil is na ek die ambassade se geld betaal het.
TANNIE said,
Maart 11, 2010 @ 2:37 nm
Hi Dellie, en hier is ok nou!!! Oulike blog, sal nou gereeld kom loer!
JyWeetWie said,
April 25, 2010 @ 11:37 nm
Smaak jou stukkend! (Meer as aartappelslaai) xx
gids said,
Julie 2, 2010 @ 5:20 nm
Het jou ontdek met die woord: “betsie” – moenie vra nie want dis lang storie.
Maar ek voel iets moet ek sê en dis net vir jou bedoel:
Eerste ding: Die oog op jou werf is nie joune nie. Jy leen dit net tydelik en dis ook fine.
En ek verstaan die beskrywing / verduideliking aangaande jou foto (of die afwesigheid daarvan) – ma weet iemand hoe jy lyk? Maak dit regtig saak? Soms is daar ‘n baie sterk en aantreklike element van misterie omtrent ‘n skuilingplek of ‘n skuilnaam. Ek self was al menige kere uitgenooi om tog op facebook te registreer en dis net my eie gevreet wat my weghou of die idee om ‘n beeld van myself op te plak vir ieder om te bekyk. Was beter toe ek nog hare gehad het wat ek kon groei tot op my skouers maar daai tyd is verby.
Tweede ding: Ek voel jy het al jou dosis van pyn ervaar en jy deel daarmee maar dit het jou nog nie heeltemal gelos nie. Tot volgende keer. G
Ayoba said,
Desember 20, 2010 @ 8:19 vm
hoe ‘n mens lyk is net in jou hart te sien
Bitsy Faver said,
Mei 8, 2011 @ 2:50 vm
Jou blog gelees en geniet!
Groete uit ‘n kleurvolle Toronto, yip dit is heerlike lente hierdie kant van die aardbol.
Bitsy
Anoniem said,
Junie 9, 2011 @ 3:11 nm
Ek is opsoek na ‘n oulike bewoording vir my dogtertjie se eerste verjaardag uitnodiging, die tema is feetjie tuin
gids said,
Junie 9, 2011 @ 4:12 nm
Kom vlieg met die vlinders.
Veertjies vlieg lig… (veertjie geskryf sonder r en dan agterna ingedruk)
Skoenlapperklubbers kom nader gewappers
Della
Hierbo idees vir jou kinder partytjie se uitnodigings
x
Anoniem said,
September 19, 2011 @ 11:23 vm
waar kan ek e-mail adres vir Delli kry?
Dellie said,
September 19, 2011 @ 11:32 vm
home.welkom@gmail.com
John van der Heever said,
September 27, 2011 @ 10:19 vm
Ek is ‘n jaar terug met ‘n ander Dellie getroud. Jinne, wat ‘n vreugde. En sy verjaar vandag. Daai ding van gryp die horing, of so iets, Dellie loop ver voor!
PS Die foto van die blaar is sommer piekfyn.
Anoniem said,
Oktober 24, 2011 @ 8:56 nm
hi ek weet nie regtig wat om te sê nie.
Melimoreli said,
November 23, 2011 @ 1:35 nm
Hi Dellie, ek het op jou blog af gekopm deur away2explore. Na gister se praaitjie ( rsg) het ek besluit my seun moet uit..Hy plak nou lank genoeg op my voorstoep en sal moet ‘n plan maak om op sy voete te kom sonder ons hulp. Hy is geskei het 3 pragtige kinders maar hy moet nou oor dit kom..die lewe gaan aan.
christo. said,
Januarie 6, 2012 @ 7:44 nm
Hi Dellie,
Het ou foto van die taal monument gesoek, en op jou blad beland. Ek wil jou vra of ek jou foto’s kan misbruik van Welkom en as jy enige ander het sal dit ook gaaf wees? Ek het ‘n groep op FB waar ek foto’s van Welkom plaas. Hier is die link
https://www.facebook.com/groups/183954565014245/
Hou baie van jou blad.
Groete,
Christo.
Jo-Ann said,
Januarie 11, 2012 @ 7:18 nm
Psssst Dellie, hou jy blogvakansie?
Malome Safari Lodge said,
Februarie 29, 2012 @ 1:28 nm
Wil myself net kom voorstel. Ek het op aanbeveling en hulp van ‘n vriendin besluit om ons webwerf voortaan self te bestuur. Wat die bloggedeelte betref: Ek is nie ‘n skrywer van format, maar ek wil graag my ondervindinge van die wildplaas met almal deel. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Help gerus as jy sien ek trap klei. Ek sal verseker terugkom om jou storiemonster van die begin af te lees.
hannetjie niebuhr said,
Junie 26, 2012 @ 12:16 nm
Hi da my dogter het my ietsie van jou gestuur en ek dink so ek weet wie jy is mar sal niks uitlap tot ek seker is nie. Leke dagie vi jou tanie Hannetjie Niebuhr.
raldutoit said,
Julie 6, 2013 @ 11:35 vm
Hi Dellie,
Ek het ‘n kontak om Monster134 se stories in boekvorm te druk, met klein veranderings! Het jy miskien sy epos adres vir my?
Groete,
Renier
Adolph Ferriss said,
Januarie 21, 2021 @ 3:27 nm
https://pg-mir-ru.1gb.ru/index.php?subaction=userinfo&user=sportindEfaheg