| CARVIEW |
Dis nie lekker om by die deur intestap en te sien jou goed is nie meer daar, die staaldeur is gebreek en die meubels lê vol van jou dvd, video en playstation nie, wat gemaak om die deur wat nie meer ‘n slot het toe te kry vir ‘n bietjie slaap nie, ‘n draad hanger moet dan maar ‘n slot word, nie gedink dis nog ‘n use vir ‘n hanger nie.
Ons moet maar ‘n bank voor die deur in skuif, wat gaan dit help? Diewe val dalk hul moer daar oor, dink nie, Vrou het jy koffie en koek uitgesit vir die gaste, sit tog al jou ander kosbare goed waar dit gekry sal word, lol.
Uiteindelik sal net ‘n trekker weer daar kan in, slotte is darem oulik.
Dan vroumense, sommiges reël gou, kom ons gaanhaal die kinders by ma dan kom maak ons kos, ek wil by die huis wees vannaand. Reg liefie wat maak ons vir ete? Sommer kerrie of iets! Twee tot drie ure later, het jy kla geëet, by haar ma, en kom net betyds by die huis om die storie, wat jy graag wou kyk, se einde te sien. Dink bietjie vrou, ek wil ook goed doen in die aand. O maar ek kan nie, rekenaar weg, sjame, siestog.
Ha ha, nou kan ek ‘n beter een kry. Ai ai, die skade net vrek hoog! Die 22 April was stem dag, ek moes werk by ‘n stem bus, van vroeg af tot laat, eintlik tot vroeg die 23ste, ons was omtrent flou.
Ek wag nog op die assesors, hul het baie tyd, maar mis nie een paaiement en jou asseransie word opgeskort. Die klomp kan my boos maak, dis hoekom so baie mense nie dit wil hê nie.
Sondag, die 26ste April was my en my liefie se troudag, 12 jaar saam, lol, wie kry die medalje. Dis nou soos die storie van die ou wat laat een aand op was, sy vrou kry hom toe waar hy in die kombuis by die kas sit en huil. Hoekom huil jy so? Wel, jy onthou die dag na jou 16de verjaarsdag, toe jou pa ons vang op die bank? Ja? Hy het toe vir my gesê dat ek, of, met jou moet trou of, vir tien jaar tronk toe moet gaan want jy was minderjarig? Ja, wat daarvan? Snuk, snuif, ek sou vandag uit gekom het, snuk!
Posted by Wordmobi
]]>Ek kan net vir myself praat, as ek sê dat ek het nog nooit iets soos dit beleef nie.
Ek het groot geword in ‘n huis waar ons kerk toe gegaan het elke sondag en sondagskool moes gaan, ons is nog in dieselfde kerk nl die Nederduits Hervormde Kerk. Wel daar leer mens van God, maar mens leer nie vir God ken nie.
Ek was die 21ste Maart 2009 by NG Moraleta se Daniel 2009 konferensie, wat ‘n fees, daar het ek vir God ontmoet en my lewe vir Hom gegee.
Ek is ‘n ander mens, ek voel lus vir die lewe en is nie meer bang vir mense en wat hul sê of dink nie, al wat ek wil doen is om God te prys en loof. Mens kan nie die dinge wat verby is onklaar maak nie dit het gebeur, ma ek voel ek is weergebore in Christus.
Dis nie die Hervormde kerk se skuld nie, ma die mense weet nie wat dit is om Hom volkome te dien nie, ek leer nou eers wat in die bybel staan en hoe om dit toe te pas op my lewe.
Ek kan aan en aan gaan want ek loop oor, gaan lees 2 Kor 7:14 en dink net hoe sal die wêreld en meer ons land wees as almal dit doen.
Posted by Wordmobi
]]>Ek’t dit gemaaaak!
Nou ja, vannaand vat ek dit rustig. More is heeltemal ‘n ander storie, gaan hektic wees.
Onthou
EARTH HOUR
Van 20:00 tot 21:00 . Ek gaan al wee die Rugby mis! Sterkte BULLS!
Ek werk nog aan die een!
Posted by Wordmobi
]]>
Volgens my is daar soveel meer dinge en geleenthede wat ek kan doen en gebruik vir linux.
Die werk moes ek smeek om my die kurses te laat doen, nou ja, ek het dit begin so klaar moet ek. My eerste assignment is geplaas, ek wag nou op die uitslae. Dis net die eerste van 10 van die eerste deel nl. Linux essentials, dan lê daar nog 3 ander voor, ai, tyd te min.
As jy so mal soos ek is, kan jy na Linuxholdings se site gaan en gaan kyk waaroor die kurses gaan.
Sjoe, maar die oefeninge en asignments is taai, ek sukkel lekker!
Vandag, probeer ek weer leer uit die boek dalk help dit my verstaan.Ek leer van redirectiom en piping, grieks ma dit werk!
]]>