Nou ja, hiers ek weer. Ek was lank stil ne? Wel ekt bietjie besig geraak en trek van tyd verloor. Intussen het baie dinge gebeur, soos ‘n week terug toe ons deelgeneem het aan die herverdelling van eiendom en ek sonder dat ek dit geweet het, nou ‘n nuwe tv, rekenaar, naai-masjiene, en ‘n paar ander goed sal moet aanskaf.
Dis nie lekker om by die deur intestap en te sien jou goed is nie meer daar, die staaldeur is gebreek en die meubels lê vol van jou dvd, video en playstation nie, wat gemaak om die deur wat nie meer ‘n slot het toe te kry vir ‘n bietjie slaap nie, ‘n draad hanger moet dan maar ‘n slot word, nie gedink dis nog ‘n use vir ‘n hanger nie.
Ons moet maar ‘n bank voor die deur in skuif, wat gaan dit help? Diewe val dalk hul moer daar oor, dink nie, Vrou het jy koffie en koek uitgesit vir die gaste, sit tog al jou ander kosbare goed waar dit gekry sal word, lol.
Uiteindelik sal net ‘n trekker weer daar kan in, slotte is darem oulik.
Dan vroumense, sommiges reël gou, kom ons gaanhaal die kinders by ma dan kom maak ons kos, ek wil by die huis wees vannaand. Reg liefie wat maak ons vir ete? Sommer kerrie of iets! Twee tot drie ure later, het jy kla geëet, by haar ma, en kom net betyds by die huis om die storie, wat jy graag wou kyk, se einde te sien. Dink bietjie vrou, ek wil ook goed doen in die aand. O maar ek kan nie, rekenaar weg, sjame, siestog.
Ha ha, nou kan ek ‘n beter een kry. Ai ai, die skade net vrek hoog! Die 22 April was stem dag, ek moes werk by ‘n stem bus, van vroeg af tot laat, eintlik tot vroeg die 23ste, ons was omtrent flou.
Ek wag nog op die assesors, hul het baie tyd, maar mis nie een paaiement en jou asseransie word opgeskort. Die klomp kan my boos maak, dis hoekom so baie mense nie dit wil hê nie.
Sondag, die 26ste April was my en my liefie se troudag, 12 jaar saam, lol, wie kry die medalje. Dis nou soos die storie van die ou wat laat een aand op was, sy vrou kry hom toe waar hy in die kombuis by die kas sit en huil. Hoekom huil jy so? Wel, jy onthou die dag na jou 16de verjaarsdag, toe jou pa ons vang op die bank? Ja? Hy het toe vir my gesê dat ek, of, met jou moet trou of, vir tien jaar tronk toe moet gaan want jy was minderjarig? Ja, wat daarvan? Snuk, snuif, ek sou vandag uit gekom het, snuk!
Posted by Wordmobi