Gisteraand op Crime kyk ek ‘n program oor JonBenet Ramsay raak. Bob het saam my gesit en kyk en het nog nooit van Jon-Benet gehoor nie, want sy is in 1997 gebore, kort nadat die meisietjie vermoor is.
In tipiese Aphrodite Jones styl is die hele storie van alle kante af ondersoek – fassinerend!
Wat ek egter nie geweet het nie, (of moontlik al vergeet het) is dat ‘n man een joernalis wat oor die Ramsay saak geskryf het, gekontak het en, na ‘n lokval, is hy gevang en in hegtenis geneem. Hy het detail oor die moord gehad, asook ‘n skuldgevoel. Hy het selfs so vêr gegaan as om te erken dat hy haar met ‘n voorwerp hard oor die kop geslaan het. Hy het dit gesien as ‘n verlossing vir die meisietjie, aangesien sy erg gely het.
Soos ek verstaan blyk dit dat die moord deur twee mense saam gepleeg is. Diè perd het dus ‘n maatjie gehad. Die vermoede bestaan dat hulle deur ‘n klein venstertjie in die kelder die huis binne gegaan het, Jon-Benet uit haar kamer gaan haal het en toe in die kelder seksueel aangerand en toe vermoor het.
Daar was sool-afdrukke: Een Hi-tec en een ongeïdentifiseerde sool. Die man wie gearresteer is het so ‘n paar Hi-tecs.
Ten spyte van sy erkentenis is hy vrygelaat aangesien sy DNA nie ooreenstem met die DNA wat aan Jon-Benet gevind is nie!
(My thinking is dat dit sy maatjie se DNA is, maar niks kan bewys word nie…)
Jon-Benet se ouers is reg van die begin af verdink, maar daar was slegs omstandigheid vermoedens. Niks kon bewys word nie. Ek-self het daardie vermoede gehad. Haar ma is in 2004, ek dink, oorlede aan kanker.
Die saak is steeds onopgelos.
Maar.
Soos almal weet, Jon-Benet was ‘n Pageant meisietjie. Regdeur die program, sowel as destyds tydens elke moontlike nuus-berig en in elke moontlike koerant en tydskrif het daar foto’s van Jon-Benet in opgetofde pageant-klere gepryk.
Dit was frilletjie rokkies en hoedjies; dit was oop-magie pakkies en perfekte grimering; dit was opgedoende hare en Vegas-styl blinkertjie pakkies en vere. En dan was daar natuurlik die flankeerdery met die gehoor – ogies wat kokketterig knip, mondjie wat uitdagend pruil, uitlokkende lyfie wat seine stuur wat geen ses-jarige meisietjie behoort te stuur nie.
Een van die vrouens wie destyds by Jon-Benet se pageantry betrokke was het geweier om op kamera te verskyn vir Aphrodite se ondersoek, maar sy het wel aan Me. Jones die volgende vertel:
Tydens een van die pageants het sy Jon-Benet met ‘n man sien gesêls. Toe sy nader staan om te gaan uitvind wat aangaan, het die man haar vertel hy is Jon-Benet se pa. Sy het dit daar gelaat. Maar later, nadat die kind se moord saam met fotos van haar en van haar ouers in die nuus verskyn het, het sy wel die konneksie gemaak en besef dat die man inderdaad nie haar pa was nie.
(Die Ramsays het ook ‘n Oop-huis gehou met ‘n Kersvader en ‘n boom en allerhande pret aktiwiteite, ongeveer ‘n week voordat hulle kind verkrag en vermoor is. Die vermoede bestaan dat die skuldiges – daar was, volgens die Ramsays, na berekening ongeveer 1500 mense deur hul woning gedurende daardie tydperk – maklik die huis kon binnegaan, kon sien waar Jon-Benet se slaapkamer was, waar die kelder was ensovoorts. Dit kon natuurlik alles mooi beplan gewees het deur die Ramsays ook, sou Meneer Ramsay, soos wat geglo is, wel behoort het aan ‘n pedofiel-netwerk en dinge bietjie te vêr laat gaan het en deur sy vrou uitgevang is. Of so iets.)
Elk geval.
Na die storie skakel ons oor na TLC en wat wys? Toddlers & Tiaras, natuurlik.
Vir die van julle wat nie weet nie, Toddlers & Tiaras is ‘n realiteits program wat handel oor kleuters wie deelneem aan – you guessed it – pageants.
Seriously! Ek MOET weet wat daardie ouers dink.
Nou kyk – ek is nie ‘n outydse, preutse tannetjie nie. Ek kla nie oor die taal op TV of dat mense in Sewende Laan drank of dwelms gebruik nie. My dogters mag ‘n vloekwoord gebruik as a means of expressieon en hulle mag selfs ‘n glasie sjampanje drink met Nuwe jaar. Ek laat hulle ook toe om mini-rompies aan te trek, solank hulle nie terterig of goedkoop lyk nie. So ek sou reken is redelik oopkop.
Maar.
WIE trek vir hul twee-jarige dogtertjies mikro-mini-rompies en oopmaag-toppies en hoë-hak skoentjies aan, met opgetofde matriekafskeid-hare, donker grimering, ‘n spray-tan, vals tande en naels?
Sodat hulle koketterig met die beoordeelaars kan flankeer?
Hulle swaai hulle heupies, hulle pluk die lang oor-rompe af (ja, soos ontkleedanseresse!) sodat hul kort mini-rompies kan wys, en tuit hul lippies. Hulle dans gewaagd (ja, soos onkleedanseresse!)
Hul ouers juig en moedig aan. Hulle staan in die gehoor en wys die bewegings wat die dogtertjies moet uitvoer.
Met die kleinste uitsondering is al die mammas oorgewig, onaantreklik en overbearing. Hulle blaf bevele aan hulle dogtertjies, raas met hulle, pluk hulle hare.
Sommige van die dogtertjies huil en gooi vloermoere soos wat julle nie kan glo nie. Hulle is klein divas! Ander gooi vloermoere want hulle WIL NIE DEELNEEM NIE! In beide gevalle stel die mammas nie belang nie. Hulle maak beloftes, hulle dreig, hulle baklei, maar daardie dogtertjies SAL hulle-self uitpimp en verkoop, hulle SAL sexy optree en flankeer, hulle SAL hul kleuter en klein dogtertjie lyfies rondswaai soos wafferse showgirls, maar genade is daar nie: Mamma het haar eie drome wat sy nooit weer sal kan bereik nie (sou dalk nooit kon, in die eerste plek nie) en basta met die res.
Ek wonder wat se tipe ambisie het daardie ouers – is goedkoop lyk en optree the new black?
Daardie dogtertjies word blootgestel en uitgebuit. Hulle word verkoop! Hulle self-vertroue word direk gekoppel aan die pryse waarmee hulle wegstap, en heimlik, die pryse en krone waarmee meer van hulle NIE wegstap nie. Hulle praat met die kamera en vertel hoe woedend hulle is wanneer iemand anders eerder as hulle gekies word, hoe sleg hulle oor hulle self voel as hulle nie wen nie. Hulle vertel oor hoe jaloers hulle is op die meisies wat pryse wen.
Hulle mammas vertel aan hulle hoe lief hulle vir hulle is, want hulle het pryse gewen. Ander mammas, wie se dogtertjies niks wen nie, gee hul drie-jarige dogtertjies ‘n thumbs-down en ignoreer hulle dan.
Sommige dogtertjies huil van teleurstelling. Ander huil van uitputting en spanning. Ander gee net uitdrukkinglose kyke, asof hulle elders is of wil wees.
DIT is die realiteit van pageantry.
En dan los ouers wat al hierdie dinge in die eerste plek aan hul dogtertjies doen, hulle op hul eie om deur vreemde mans mee gesêls te word. Dit is ‘n pedofiel fest! En die mammas wie nie op skool rasieleiers was nie, se eie onbereikbare drome geniet absolute voorkeur en hulle dogters word prima prooi.
En dan wonder hulle waarom hulle dan van die moord op hul dogter ondersoek word…
0.000000
0.000000