My magtig. Ek het lank gewik en geweeg om hier te blog want ek het ‘n ernstige uitkakparade verwag omdat ek durf so windgat wees om te adverteer.
Maar kyk nou net!
Julle is naais.
| CARVIEW |
My magtig. Ek het lank gewik en geweeg om hier te blog want ek het ‘n ernstige uitkakparade verwag omdat ek durf so windgat wees om te adverteer.
Maar kyk nou net!
Julle is naais.
Posted in Uncategorized
Ek lees die Afrikaanse WordPress bloggers al vir ‘n ruk. Ek hou daarvan om te sien hoe julle met mekaar gesels en mekaar ondersteun op allerhande gebiede. Julle praat soms hier oor diep en baie persoonlike dinge, maar gee ook jul menings oor alles wat met en om julle gebeur, waar julle ookal op die aardbol bly.
Ek het ook opgemerk dat sommige van julle julself en/of beroep promofeer; veral dié onder julle wat in die vermaaklikheidsbedryf is.
En toe dink ek… ag wat – hoekom nie? Ek gaan ook my besigheid hier adverteer, al is dit effens meer direk as julle en nie juis vreeslik vermaaklik nie – veral nie vir my nie!
Ek besef natuurlik ook dat ‘n blog se doel nie advertensie is nie, maar so what? Ek lees julle, dalk lees julle my ook en benodig dalk eendag my dienste. Ek adverteer wel in die pers en elders op die internet, maar dit kan mos geen skade doen as ek my dienste hier ook adverteer nie.
Groete
John
