Exporters From Japan
Wholesale exporters from Japan   Company Established 1983
CARVIEW
Select Language

 In die kategorie, Persoonlike Joernaal, gaan ek skryf oor my persoonlike gevoelens, ervaringe, denke en groei tydens my geestelike reis. 

My skrywes hier het geen doel voor oë om gedeel te word, of vir iemand anders behalwe myself tot nut te wees of iets te beteken nie.  Natuurlik sal ek nie omgee as dit gelees word nie, want anders sou ek dit privaat gehou het.  Dit mag dalk net iemand anders help om deur hulle eie gevoelens en ervaringe te werk, maar dit is nie wat ek in hierdie kategorie wil bereik nie.  Moet asseblief niks van die inskrywings verwag nie.

Die inskrywings sal persoonlik van aard wees, en ek gaan dit selfsugtig en vir my eie behoeftes skryf. Ek gaan dit skryf net soos wat dinge met my gebeur, sonder enige plan of volgorde, en sover as moontlik sonder om dinge te sensor.  Ek gaan nie omgee of dit sin maak, baie eenvoudig is, en of dit enigsens akademies van aard is nie.  Dit mag ook onsamehangend wees.  Meeste mense sal dit nie interessant, leersaam of opwindend vind nie, maar hierdie is regtig net vir myself bedoel.  Hieraan wil ek my groei meet.  Wanneer ek eendag hierop terugkyk, hoop ek dat dit met dankbaarheid en verbasing sal wees.
Flickr-foto.

]]> https://annerkant.wordpress.com/2008/09/25/my-persoonlike-joernaal-wat-om-hier-te-verwag/feed/ 4 427 annerkant nuwe-groei Hoeveel kan ons waarneem? https://annerkant.wordpress.com/2008/09/23/hoeveel-kan-ons-sintuie-waarneem/ https://annerkant.wordpress.com/2008/09/23/hoeveel-kan-ons-sintuie-waarneem/#comments Tue, 23 Sep 2008 21:40:27 +0000 https://annerkant.wordpress.com/?p=406 Ons neem slegs by benadering een vyftig-biljoenste (1/50 000 000 000) van wat bestaan waar!

Een van die dinge wat my nog die meeste pla in my geestelike reis is hoe min ek weet van die werklikheid.  Hoe neem ‘n mens dan besluite oor jou lewe se doel, hoe jy die lewe moet lewe, en oor jou spiritualiteit.  Hoeveel weet ons?

Ons gewaarwording van realiteit deur middel van ons sintuie bestaan uit so min as een twee-biljoenste (1/2 000 000 000) van die energie in ons bekende heelal.  Hierdie “bekende” energie is slegs ‘n bitter klein deeltjie van al die energie wat tydens die oerknal (“big bang”) vrygestel is.  Meeste realiteit het in “dark matter” en “dark energy” verdwyn, waarvan ons feitlik niks weet nie.  Astrofisici bereken dat 73 % van die “big bang” se vrygestelde energie is donker energie (“dark energy”) en 23 % is donker materie (“dark matter”), dus 96 % van geskepte energie het in die oneindige gebied rondom ons verdwyn.  Slegs 4 % energie vorm ons bekende heelal wat uit omtrent een triljoen, triljoen, triljoen, triljoen, triljoen ton materiaal soos melkwegte, sonne, atmosfeer, die aarde, mense en ander bekende energie bestaan.  Onthou ons sintuie neem maar ‘n twee-biljoenste van hierdie 4 % waar.  Dit beteken ons sintuie hou ons in verbinding met slegs omtrent een vyftig-biljoenste (1/50 000 000 000) van totale realiteit.  Statisties is dit ‘n te absurde klein steekproef van die geheel om betekenisvol te wees.

Hierdie inligting kom uit Think of an Elephant deur Paul Bailey.  Ek het geen idee hoe goed en betroubaar die boek is nie, en ek weet ook nie of ek die inligting reg weergee nie.  Selfs al sou dit heel verkeerd wees, is ek seker ons neem minder as omtrent niks van ons realiteit of die werklikheid waar!

Ek sou graag die meer ingeligtes op hierdie gebied se kommentaar wou hoor.  Hoeveel van realiteit kan ons waarneem?  Hoeveel weet ons?!

Hierdie inskrywing is geinspireer deur die leersame inskrywings van o.a. Flippiefanus, Rosalind en Wipneus.

]]>
https://annerkant.wordpress.com/2008/09/23/hoeveel-kan-ons-sintuie-waarneem/feed/ 41 406 annerkant