| CARVIEW |
Wie de Duiwel is Antie Koekie?
Hoofstuk 1
Wie is Antie Koekie nou eintlik?
Is dit die kort, mollige, amper middeljarige moeder en ouma, soos wat almal haar sien?
Of is sy dalk die vurige, avontuurlustige, stoute, aweregse, sag-geronde, selfs wulpse vrou in haar goue jare?
Die een wat binne-in Antie Koekie se plat en plein dop wegkruip en net uitkom wanneer die maan vol is of as een van slegs ‘n handjie vol uitverkorenes die towerwoorrd sê om haar te voorskyn te laat kom?
Sal die regte Antie Koekie asseblief opstaan…………………..?
Miskien is dit maar floppen goed dat ek in Antie Koekie se plein dop vasgevang is – die Liewe Vader weet ek het in my half eeu+ alreeds genoeg strooi aangejaag vir 5 van my tydgenote!
Maar dit was hengse vet pret en ek besef dat ek eintlik berou moet hê daaroor, maar daarsonder sou my lewe nie so vol en ryk gewees het nie. My”Memoirs” sal eendag ‘n best seller wees, dit belowe ek julle!
Ek is ‘n Baby Boomer, wat oor 5 jaar ouderdomspensioen sal kan kry! ‘n Aarts-romantikus, wat meer as een keer getroud was, en nou agtergekom het dat ek tog met my eie geselskap kan klaarkom, sonder ‘n man om my te laat voel dat ek goed genoeg is om asem te haal.
Nie dat ek nou ‘n mannehater is nie —– alles behalwe! Ek verlang partykeer so erg na ‘n MAN se groot toevou, veilige drukkie; na die mansreuk aan sy vel; die reuk van die eerste rokie as hy sy sigaret opsteek; die gevoel van ‘n effense stoppelbaard teen my wang……………….ag, vrek, ek skryf my nou-nou hier, op ‘n Vrydag middag, in ‘n moerse depro in!
Maar ek wéét mos teen die tyd dat my smaak in mans absoluut “up to maggots” is! Dat ek ‘n wandelende magneet is vir die afbeen SPCA gevalletjies.
En wanneer ek hulle gesond gedokter het met al my liefde, tyd en energie en hulle weer reg voel om die wêreld aan te durf, kyk hulle so diep in my oë en sê:
“Jy is ‘n wonderlike vrou; die beste ding wat ooit met my gebeur het. Ek sal jou nooit vergeet nie, maar dis nou tyd vir my om weer aan te beweeg!”
Shit! En wie dokter dan hierdie dokter? Wie tel dan my stukkies op en plak pleisters op? Want kyk, as ek iets doen, dan DOEN ek dit met volle oorgawe. As ek dus dubbel-K-senter-A aanjaag, dan doen ek dit vir die Eerste Span A!
Gelukkig is ek geseën met ‘n gesonde sin vir humor en ‘n buitengewone sterk ontwikkelde oorlewingsdrang.
Julle ken mos “Peter’s Principle of Success”:
“Getting up one more time than you’re knocked down…..”
(Hou die spasie dop vir “Hoofstuk 2: My kinders”)
21 Responses to "Wie de Duiwel is Antie Koekie?"
3 | Antie Koekie
Mei 5, 2008 at 00:11
Hi, Marina, sorry, het nou eers gesien jy het ingeloer! dankie, hoor, en maak weer so?
Rustig, attitude is ‘n baie goeie wapenrusting teen die lewe!
ek gaan nou dadelik inloer by julle, dis vir my lekker om nuwe mense raak te lees.
5 | Antie Koekie
Mei 5, 2008 at 20:11
hi jane, ek’s altyd bly om ‘n nuwe kuiergas raak te loop! ek sal nou-nou by jou inloer.
kom gerus weer?
6 | Sonneblom
Junie 9, 2008 at 08:15
Klink vir my die Antie weet van. Ek soek bietjie van jou attitude 😀 Groetetjies
Sonneblom
7 | Johan Swarts
September 14, 2008 at 15:40
is antie koekie nie dalk familie van antie mona nie? daai tante gee nou goeie raad…
nice tema vir die blog, van die os op die jas. baie nice.
8 | Antie Koekie
September 16, 2008 at 21:41
dankie, Johan, ek is ook mal oor die tema. antie mona? nee, ek ken haar nie. dink sy’t meer guts as ek om so padlangs te praat!!dink ek moet liewer my naam verander, netnou is hier te veel anties in die omtrek……dit kan ‘n moerse gemors afgee!!
10 | Katvoet
Desember 23, 2008 at 14:40
Wow, ek het nou so lekker gelag vir jou antie. Wat is dit met ons vroumense, huh? Ons vertroetel altyd die mans en dan loop hulle net dood eenvoudig uit ons lewens. Basta! Het my huwelik van 17jaar net nou die dag vaarwel geroep en besluit, NOU LEWE EK!!!! Heehaa. Ek’s net dood eenvoudig nog te jonk om nou al te wil sit en doodgaan. Ek wou mos so vroeg trou (19,,,,eish).
My dogters moet my vra of hulle kan trou voor 40…..not a chance girls.
Thanks ek sal gereeld hier kom inloer. Ook ‘n Kapenaar en is altyd oral waar Stevie sing. Sien jou daar!
11 | Michael Tim
Februarie 28, 2009 at 19:49
I love your site!
_____________________
Experiencing a slow PC recently? Fix it now!
12 | Twattie Se Maaikie
Maart 19, 2009 at 13:44
Ai wat ‘n lees-lekkerte!
Gaan definitief weer kom inloer! 🙂
13 | Renatha
Mei 15, 2009 at 13:27
Hallo dis Renatha van die biblioteek. Wat is jou email adres nou weer?
15 | ekisanna
Desember 11, 2009 at 22:40
Ek wonder mos nou of die radiostasie nie dalkies Panorama of so iets heet nie – al bly ek baie myle ver weg, weet ek darem daarvan. Dankie vir die besoekie by my. Ek voorspel dat ek nogal soos jy gaan blog, so dan en wan wanner die gier my pak en ek iets het om te skryf – my aandag word nogal gou afgelei deur nuwe uitdagings, maar terugkeer blog toe, sal ek terugkeer. Nou wonder ek net wie het die twee jaar wysheid op wie. Groetnis, Anna
17 | Charms
Januarie 22, 2010 at 15:15
Ag wat ‘n lekker kuierplekkie het ek myself nou ingekry 🙂 Ek het ook daai attitude nodig – se my, is dit darem aansteeklik?
18 | Jade22
Februarie 1, 2010 at 00:55
Antie Koekie hierdie gaan sommer ‘n heerlike kuier plek word. Sterkte, ek loer weer in.
Bly om te ontmoet!
19 | Andrinie
Julie 5, 2010 at 13:32
Antie Koekie, jammer dat ek nou eers inloer, nog maar skrikkerig vir die BLOG ding. (Sal ek ook maar saggies noem veral op my ouderdom, ons het mos nie met die “Tecgnoulogee” groot geword nie. Maar ek begin so stadig met my reise, moet nog so ‘n paar dingetjies leer. ‘n Sin vir humor is seker een van die edelste talente wat Jesus vir ons gegee het. Behou dit altyd al is jy tagentag en bly so pragtig. Ek het my sielsgenoot, ook na ‘n paar foute raakgeloop en ons is in Jesus se ewige driehoek nou al 10jaar rustig getroud.
Jesus Groete van Huis-tot-huis.
20 | suzette cloete
Augustus 13, 2010 at 21:25
Auntie Koekie – JY ROCK!
Antie Koekie
November 29, 2010 at 10:55
Hi Su-z,
lekker om van jou te hoor. was bietjie internetloos, met trekkery, maar nou’s ek terug—– met my gewone BANG!!!
Lewer kommentaar Kanselleer antwoord
Kalender
| M | D | W | T | V | S | S |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 1 | 2 | 3 | 4 | |||
| 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
| 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
| 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
| 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Kuiergaste
- 38 307 gaste
Trousseaukis
- Junie 2010 (1)
- Mei 2010 (2)
- April 2010 (3)
- Maart 2010 (5)
- Februarie 2010 (5)
- Januarie 2010 (11)
- Desember 2009 (10)
- Augustus 2009 (2)
- Mei 2009 (1)
- Maart 2009 (6)
- Februarie 2009 (2)
- Januarie 2009 (2)
- Desember 2008 (2)
- November 2008 (5)
- Oktober 2008 (1)
- September 2008 (5)
- Augustus 2008 (9)
- Julie 2008 (11)
- Junie 2008 (5)
- Mei 2008 (14)
- April 2008 (15)
- Maart 2008 (3)
Maatjies se Menings
| GerritM oor 4 Vroue. | |
| CHANTELLE oor #110: National Cleavage D… | |
| Chrs-Mari Scheepers oor My Nuwe Huisie is Kant &… | |
| lulu oor The song in Your Heart… | |
| toortsie oor The song in Your Heart… |
Top Clicks
- Geen
Bladsye
Blogroll
- 123 Blog Myself
- 123 Blog Myself
- Bastardo
- Boer in Ballingskap
- DaMario
- Dellie se Dinge
- Demoerin se Wêreld
- Doringrosie
- Ettienne se Blog
- FlintStoned
- Gert Gariep
- Herriemerrie
- Jomana
- Kekkel op die Plaas
- Meermin se blog
- Net Jane
- Onrustig
- Pikkelik
- Pippielangkous
- Platterfuss
- Pokkeljonsie
- Roer
- RosalindFranklin
- Sonkind
- Steve se Spoegblok
- Triston
- Voetjies
- Whoshallifear\’s Blog
- Wipneus
- Wosonki
- Zee
-
Subscribe
Subscribed
Already have a WordPress.com account? Log in now.
April 18, 2008 at 11:20
Ek laaik jou plekkie Antie!!
🙂